Bome vir Dorpe 1 & 2
Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek. Hy gesels onder meer oor spekbome, ou peerbome en die inheemse katjiepieringboom.
Byna alle vrugtebome in ons land, is uitheems en dit sal ‘n tragedie wees as ons van dié bome ontslae moet raak. As alle bloemkombome voor die voet uitgekap word, is ons byeboere en bye in die moeilikheid. Van die uitheemse bome is nie skadelik vir die natuur nie en nie indringers nie. Maar uitheemse bome op die indringerlys, mag nie verder aangeplant word nie.
Luister na deel 2 oor ons reeks oor Bome vir Dorpe saam met dr Ernst van Jaarsveld:

Die ou Saffraanpeerboom wat deur Jan van Riebeeck in die Kompanjiestuine aangeplant is. Die boom is gekloon en van sy nageslag is ook in ander dele van die land aangeplant, onder andere in Beaufort Wes.
Deel 1 Bome vir Mooi Dorpe
Jy wil graag jou dorp vergroen en verboom. Maar hoe weet jy watter bome om aan te plant wat die beste in jou dorp gaan aard. Die bekende botanis, dr Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek.
Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG.
Dit word aangebied deur Marí Hudson.
Dit word aangebied deur Marí Hudson.
Die kontakbesonderhede van Jan Odendaal:
Kontak Jan Odendaal: Whatsapp 0837019791 of epos: gLgreen@gmail.com
Lees ook: https://greenforlifesa.wordpress.com/about/

Die waterbessieboom aard naby water. Maar die Kaapse watertafel is so hoog dat dit selfs op die Vlakte groei.
Kyk hier na meer inheemse bome: https://www.treefactor.co.za/product-category/indigenous/
Luister na vorige episodes van My Mooi Dorp:
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?