Plastiek in oseane kan binne 10 jr verdriedubbel


‘n Nuwe verslag waarsku dat die hoeveelheid plastiek in die oseaan oor die volgende tien jaar kan verdriedubbel tensy rommel beperk word. Die verslag wat vir deur kundiges vir die Britse regering saamgestel is sê egter plastiek is slegs een van die uitdagings. Ander uitdagings sluit in stygende seevlakke en temperature en besoedeling soos gifstowwe, plaagdoders en farmaseutiese middels wat in die see beland. Die verslag sê egter dat daar ook geleenthede is, aangesien die oseaan-ekonomie na verwagting teen 2030 sal verdubbel. Die verslag sê meer navorsing is nodig aangesien kennis oor die oseaan nog beperk is.

Lees meer RSG Nuus: http://www.rsg.co.za/nuus.asp