Rietbron; Karootuin ep 1 & 2


Rietbron omgewing

Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou van Rietbron het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het. Plantkundige dr Ernst van Jaarsveld vertel ook meer oor die inheemse plantegroei van die Karoo.

Luister voortaan Sondae om 15:00 na My Mooi Dorp.

Lees meer oor Rietbron:
https://www.baviaans.co.za/page/rietbron_info

Werklikwaar in die middel van die Karoo.

Dr Ernst van Jaarveld, plantkundige van Babylonstoren, vertel meer oor die Karoo tuin

Die biome van Suid-Afrika

KAROO TUIN

Dit staan ook bekend as die Nama Karoo, en onderskei van die vetplantkaroo deur sy droeë koue winter. Dit sluit ook in die laerliggende dele van die Groot Karoo in noord van Prins Albert, maar eintlik Beaufort-Wes en ooswaarts dan ook die karoo dele bo die platorand. en sluit in Middelpos, Driesusters, Fraserburg,  Murrysburg, Graaff-Reinet, Carnavon, Victoria Wes,  Upington, Postmasburg, Prieska, Victoria Wes, Colesberg, Middelburg, Noupoort, Burgersdorp, Aliwal Noord, Luckhoff, Kofffiefontein Fauresmith, Philipstown, Hopetown, Bethulie, Richmond en Hanover. Hierdie sluit alles hoerliggende dorre winterdroee karoo gedeeltes in.  Tewens dit sluit die grootse oppervlakte van al die biome in. Wys net twee derdes van ons land is semi-woestyn en klein wonder dat ons so baie inheemse vetplante het wat hierby aangepas is.

Klimaat

Meer ekstreem-  en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is sonnige droee winters en net soos met die hoeveld met soms swaar ryp snags. Die minimum temperature wat wissel van -1 tot -15.  Reenval meestal in die vorm van donnerstorm en minder af en toe ook koue fronte en 150- tot so 400 mm per jaar maar ons weet dat daar soms langer periodes van baie droee jare is.  Wat die plantgegroei bestuur is die droee semi-woestynklimaat met winterkoue maar ook wild (nou meestal verang met skaap en bok) wat die karoobossie en gras bewei  het.  Dink maar aan die kenmerkende koppies met sy besemkaree, bergkiepersol (Cussonia paniculata var. paniculata), bloubos (Diospyros lycioides), gwarrie (Euclea undulata), Aalwyne kom ook voor en die deel kenmerkend met slangkopaalwyn (Aloe broomii), kraalalwyn (Aloe claviflora), kanniedood (Gonialoe variegata), en die klein karoo-aalwyn (Aloe grandidentata), ook verskeie bolplantsoorte. Die soetdoring (Acacia karoo) kom ook wydverspreid in die deel voor en sy naam Acaia karroo verwys juis na die karoo dele. Die ikoonsoort van die karoo is soetdoring (Acacia karroo)

Grond is wiselvallig, soms baie alkalies met kalkrante, anders weer klei of sanderige dele en groot delte is bekend vir hulle brak gronde.

Internasionale bydra van karooplante sluit in die ghaap (Hoodia gordonii) wat eers as aptytsonderdrukker gebruik was.

Struktuur: .  Histories was die deel met bossieveld en grasveld begroei en die kenmerkende klipstapelkoppies van die doloriet dagsome kenmerkend. Die deel het ook sy bome en struik maar beperk tot beskutte klipkoppe waar meer water is. Die deel was gekenmerk deur groot troppe springbokke. Laasgenoemde het getrek veral as reen in n deel geval het. Die Kaapse vlakvark (Phacochoerus aethopicus), het ook hier voorgekom maar om en by 1860 uitgesterf. Andres as die bosveldvlakvark (Phacochoerus africanus) is hy ‘n ekologies sensitiewe soort, en wat met die vermindering van gras in die karoo saamgeval het.

Vestiging en grond baie belangrik

Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend.

Vestiging: pioniers:  vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo), basterolien (Buddleja saligna),  hoesbos (B. glomerata), wilde-als (Artemisia afra), en dan die witkaree (Searsia pendulina).

Die soetdoringboom

Die soetdoring (A. karroo)

Basterolien (Buddleja saligna)

Basterolien (Buddleja saligna)

Basterolien (Buddleja saligna)

Witkaree (Searsia pendulina)

Karee

Karootuin Ep2:
Alle plante met melksap is nie noodwendig giftig nie. Diere leer baie gou dat sekere plante giftig is, al is dit nie deel van hulle oergeheue nie. Dié interessanthede kom aan die lig waar plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel watter bome en struike wel in die Karoo sal groei. Die Karee, olien, Karoo noem-noem en witstinkhout is maar enkele van die bome wat droogte- en rypbestand is.

Luister na die volledige gesprek met Dr Enst van Jaarsveld:

Bome

Soos met die hoeveld se dele is daar n groep bome wat hier natuurlik groei droogte en rypbestand is. Van al die biome is hierdie een die mees boomarm. Nieteenstaande is daar n helepaar soorte wat baie goed hier aard.

Olien (Olea europaea subsp. africana), basterolien (Buddleja saligna), karoo-boerboon (Schotia afra var. affra), fluweelrosyntjie (Grewia flava), karoorosyntjie (Grewia robusta), berggranaat (Rhicgozum obovatum) , karoo noem-noem (Carissa haematocarpa), deurmekaarbos (Ehretia rigida), heuningblom (Melianthus comosus), jakkalsbos (Diospyros austro-africana), witstinkhout (Celtis africana), karee (Searsia lancea),  taaibos (Searsia pyroides), Searsia burchelii,  gwarrie (S. undulata), bergkiepersol (Cussonia paniculata var paniculata), buffelsoring of blinkblaar wag n bietjie (Ziziphus mucronata),  Fluitjieswilger (Salix mucronata wynbessie (Dovyalis zeyheri), pietersielieboom (Heteromorpha arborescens) met sy mooi skilferbas, wilde-perske (Kiggelaria africana), kameeldoring (Acacia erioloba), vaalkameel (Acacia haematoxylon), haak en steek (Acacia tortilis), witgat (Boscia albitrunca), Oos Kaap witgat (B. oleoides), kleinblaarkwarrie (Euclea undulata),  lemoendoring (Parkinsonia africana), pendoring (Gymnosporia buxifolia) kanferbos (Tarchonanthus camphoratus)

Olien (Olea europaea subsp. africana)

Olien (Olea europaea subsp. africana)

Witstinkhout (Celtis Africanus)

Bome met argitektoniese vorms

Karoo-broodboom (Encephalartos lehmannii) bitteraalwyn (Aloe ferox), bergkiepersol (Cussonia paniculata var.paniculata). Slangkopaalwyn (Aloe broomii), kokerboom (Aloidendron dichotomum),  Avasnoors (Euphorbia avasmontana)

Karoo-broodboom (Encephalartos lehmannii)

Bergkiepersol (Cussonia paniculata var.paniculata)

Aalwyne

Struike

Kaapse stokroos (Anisodontea capensis), malva-stokroos (Anisodontea malvastoroides) bergappel (Asparagus striatus), wilde-als (Artemisia afra), steenbokmelkbos (Gomphostigma fruticosa), bergkatbos (Asparagus laricinus), rivierkatbos (Ä. virgatus), hoesbos (B. glomerata), bergsalie (Buddleja loricata),  wilde-salie (Buddleja salviifolia), karoo noemnoem (Carissa haematocarpa), Jakkalsbos (Diospyros austro-africana),  ystertoppies (Dodonaea viscosa), hardeblaar gwarrie (Eulea coriaceae), bloughwarrie (E. crispa), kruisbessie (Grewia occidntalis), wilde-dagga (Leontis leonorus), klokkies-pendoring (Gymnosporia tenuispina), berg-kruidjie-roer-my- niet (Melanthus villosus), miritng (Myrsine africana), wildevlier (Nuxia congesta), tandblaarkoko (Maytenus ilicifolia), blinkblaar (Rhamnus prinoides), bergtaaibos (Searsia dentata), berg-besembos (S. dregeana), Besembos (S. erosa), kankerbossie (Sutherlandia frutescens), swartstorn (Cacaba aphylla), dakpanharpuis (Euryops imbricatus), lammerlat (Gomphocarpus buchenavianus) kraalpendoring (Gymnosporia polycantha), klaal dkriedorig (Lycium afrum), slangbessie (Lycium ferocissimum), gifmelkbos (Euphorbia mauritanica), melkbos-sonder-melk (Kleinia longiflora)

Rank en klimplante

klimop (Clematis brachiata), spantou (Cynanchum viminale), maramaboon (Tylosema esculenta ).

Kan mens enige tyd van die jaar bome plant as die lus jou pak? Of slegs in die vroeë lente? Karoo-inwoners moet kennis neem dat dorpe in dié gebied ook verfraai kan word met ’n ryk verskeidenheid inheemse plante wat by droogte- en ryp-omstandighede aangepas is. Dr. Ernst van Jaarveld, bekende plantkundige, is Mari Hudson se gas.

Luister na die 3e episode oor Karootuine:

Meerjariges en ander kruidagte struike

Karoosalie (Salvia disermas), Namasalie (Salvia namaensis), tongblaarsalie (Salvia radula), kruipsalie (Salvia repens), draaibossie (Felicia filifolia), gousblom (Gazania krebsiana), verneukhalfmensie (Acanthopsis diserma), karooviooltjie (Aptossimum indivisum), kankerviooltjie (Aptossimum procumbens), bergappel (Asparagus striatus), kattekruie (Ballota africana), tongklapper (Barleria lichtensteinii), skerpioenbos (Barleria simulans), perdebos (Berkheya spinosa), veldpatat (Commicarpus pentandrus), karoo grasangelier (Dianthus thunbergii, bitterbos (Chrysocoma ciliata), witbietou (Dimorphotheca cunmeata),  heidekapok (Eriocephalus ericoides), waterharpuis (Euryops annae), draaibossie (Felicia filifolia), harige draaibossie (Felicia hirsuta), groot-bloublommetjie  (Felicia ovata), slanghoutjie (Garuleum bipinatum), rooi-botterblom (Gazania krebsiana), bloubekkie (Heliophila  suavissima), rooi-klokkiesbos (Hermannia grandiflora), klipdagga (Leonotis  ocyhmifolia), klein-leubekkie (Nemesia  fruticans),  karoo bietou (Osteospermu sinuatum), boegoe karoo (Pteronia adenocrpa),  geelboegoekaroo (Pteronia glauca). Karoovaaltee (Stachys cuneata), vaaltee (Stachys  rugosa).

Karoosalie (Salvia disermas)

Dimorpho Cuneata

Gazania Krebsiana

Gazania Krebsiana

Karoo Foam Aerva Lucura

Wilde-als

Perdebos (Berkheya spinosa)

Draaibossie – Felicia filifolia

Nama-salie – Salvia Namensis

Grondbedekkers

Mat-gousblom (Arctotheca calendula), veldpatat (Commicarpus pentandrus), Vrystaatvygie (Delosperma cooperi), Lydenburg-vygie (D. lydenburgense), Lesotho-vygie (Delosperma nubigena), klipbokvygie (D. obtusum), wondertapyt (Dichondra micrantha), koenana (Diclis reptans), oortjies (Falkia oblonga), vrouebossie (Geranium incanum), afgrond-silwersewejaartjie (Helichrsum chionospaerum), duin-sewejaartjie (H. cymosum), molepelle (H. sutherlandii), geel-sewejaartjie (H. setosum), karoo-aalwyn (Aloe grandidentata) vorm digte plate onder die bome.

Eenjariges

Renostergousblom (Arctotis acaulis), witgousblom (Arctotis leiocarpa), Boesmanland gousblom (Arctotis venusta) geeloog sambreeltjie (Felicia australis) klein blousambreeltjie (Felicia dubia), geel skilpadboterblom (Gazania lichtensteinii) bietou-opslag (Osteospermum scariosum), dwergmagriet (Ursinia nana)

Boesmanland gousblom – Arctotis Venusta

Gousblomme

Vetplante

Kraalaalwyn of kanonaalwyn (Aloe claviflora), kanniedood (Gonialoe variegata), blouaalwyhn (Aloe glauca),  langblomaalwyn (Aloe longistyla), koraalaalwyn (Aloe striata), vuurpylaalwyn (Aloiampelos striatula), sosatieplakkie (Crassula perforata), inrygertjie (Crassula rupestris), uitloper melkbos (Euphorbia stolonifera), karoo skilpadkos (Glottiphyllum peersii), bobbejaanghaap (Hoodia gordonii),   bobbejaankambro (Pachypodium succulentum),  lewerplant (Pleiospilos bolusii), klein lewerplatn (Pleiospilos compactus), vaalblaarvygie (Ruschia semidentata), smalblaar skoonma se tong (Sansevieria aethiopicum), sambokbos (Seneio junceus), bokkos (Kleinia radicans), karoo aasblom (Stapelia grandiflora), klein-doringvygie (Ruschia divaricata), donkiebos (Mestoklema arboriforme) naalblaar-dwergaalyun (Aristaloe aristata), karoo-bontaalwyn (Aloe grandidentata) geelkatsert (Bulbine abyssinica), lintblaarkopieva (B. narcissolia), kopieva (Bulbine frutescens), honde-oorplakkie (Cotyledon orbiculata),  vingerpol (Euphorbia clavrioides), bergvoetangel (E. aggregata), voetangel (Euphorbia ferrox) melkbos sonder melk (Kleinia longiflorus), dwerg boomplakkie (Crassula sarcocaulis).

 

Bolle, knolle en orgidee

gifbol (Boophone disticha), koranalelie (Ammocharis coranica), patrysblom (Androcymbium melanthioides), rivierlelsies (Crinum macowanii, C. bulbispermum), aandblom (Gladiolus ermeabilis), karoo vuurpyl (Kniphofia sarmentosa), bloutulp (Moraeae polystachya), vleilelie (Nerina laticoma), karoo tjienkereentjee (Ornithogalum seineri).

Orgidee hoeveld-moederkappie (Bonatea speciosa subsp. anteniffera), platkappie (Eulophia clavicornis), geel-platkappie (Eulophia cooperi), klipskeur-platkappie (Eulophia ovalis), langbeen-platkappie (Eulophia streptopetala), geelhoed-platkappie (E. welwitschiii).

Waterplante

Waterlelies (Nymphaea nouchalii), wateruintjies (Nymphoides indica), dwergpapirus (Cyperus prolifer), rivierpampoen (Gunnera perpensa), palinggras (Vallisneria spiralis).

muisgras (Meilinus repens), dekgras (Hyparrhenia hirta), Melinis nerviglumaRooigras (Themena triandra).

 

Grasperke

Kweek (Cynodon bradleyi, C. dactylon), kiekoejoe (Penisetum clandestinum).