RSG bied luisterryke musiek en verskeidenheid op Kersdag


RSG bederf sy luisteraars vanjaar op Kersdag met ‘n besonderse dag gevul met ‘n Klassieke Kerskonsert, ‘n Kersdrama uit die pen van NP van Wyk Louw, ‘n spesiale poësieprogram, versoeke, gospelmusiek asook ‘n program oor engele en Kersfees.

Hier is die volledige programskedule vir Kersdag 2021

06:00 Kersstemming
Esté Gross begin reeds om 06:00 die oggend met Kersstemming waartydens sy die dag op ‘n spesiale wyse gaan inwy met bekende en nuwe uitreikings van ligte klassieke musiek.

06:55 Lewende Woord

07:00 Nuus en Weer

07:10 Klassieke musiekprogram: ‘n Kind is gebore

Die Kersoratoria van J.S. Bach is reeds in 1734 tydens Kerstyd gekomponeer om die geboorte van die Christuskind te vier. Terrance April gaan dele van hierdie “monumentale” werk voorspeel en toelig tydens sy program, ‘n Kind is gebore, wat om 07:10 uitgesaai word.

08:00 Nuus

08:05 Loof die Here op Kersdag

Magdaleen Kruger skuif om 08:00 reg vir Loof die Here op Kersdag – ‘n program van gewyde musiek in die gees van Kersfees. Daar sal kore, soliste en orkeste van oor die wêreld heen wees.

09:00 Oggenddiens

09:40 Kersversoeke vir 90 jaar en ouer

Kersversoeke vir 90 jaar en ouer volg om 09:40 en luisteraars kan vooraf hul versoeke per e-pos versend na info@rsg.co.za.

10:00 Nuus

10:05 Kersversoeke

11:00 Nuus

11:05 Vers en Klank, gevolg deur Kortom

Die aktrise, radiodrama-regisseur en aanbieder Frieda van den Heever is die samesteller van Hoop – ‘n herberg vir haweloses, op Kersdag om 11:05.

In hierdie waansinnige wêreld, in hierdie propvol herberg waarin daar absoluut geen plek vir Hom was nie, het Christus ongenooid gekom. Vir dié vir wie daar geen plek in die herberg is nie, of wie plek kan maak in hulle eie herberg, is Christus teenwoordig in hierdie wêreld. Van den Heever bied ‘n spesiale Vers en klank asook Kortom met gedigte en verhale wat sentreer rondom hierdie boodskap van hoop.

12:00 Spesiale Kersprogram: Woorde van Hoop

Lizelle de Bruin sluit hierby aan met haar Woorde van Hoop, wat om 12:00 uitgesaai sal word. Sy gesels met dr. Andries Cilliers van Kaapstad oor die boodskap van Kersfees, oor die Koninkryk wat sal kom en oor die Naam wat geheilig sal word. Dit is ‘n geselsprogram met musiek en woorde wat die wonder van Kersfees vier.

13:00 Nuus

13:05 Klassieke Kerskonsert
Om 13:00 word die Klassieke Kerskonsert uitgesaai. Salon Music se Kerskonsert is in samewerking met die Gauteng Filharmoniese Orkes onder leiding van die dirigent Eddie Clayton aangepak en geborg deur die Rupert-musiekstigting. Die soliste is die sopraan Marieke de Koker en die bariton Danie Verster. Die program sluit gunstelinge in soos Stille nag, Koos du Plessis se Somerkersfees, Oh holy night, Hark the herald angels, Jingle bells asook Eddie Clayton se Kersfees Overture. Daar is ook werke van Vivaldi, Bach en Handel. Hierdie konsert is in die SAUK se M1-ateljee in Auckland Park opgeneem met Frikkie Wallis as die klankregisseur.

14:00 Kersdrama: En daar was skaapwagters

Vanjaar se Kersdrama is ‘n verhaal uit die pen van die digter en skrywer NP van Wyk Louw, wat spesiaal vir die radio verwerk en uitgebrei is deur Eben Cruywagen. En daar was skaapwagters… word om 14:00 uitgesaai.

15:00 Nuus

15:05 Kersdagversoeke

16:00 Nuus

16:05 Ommitafel

In Ommitafel, om 16:00, gesels RSG se programbestuurder, Graig-Lee Smith, met RSG se omroepers oor hoe hul Kersfees vier en die musiek wat hulle bybly.

17:00 Nuus

17:05 Kersgospel

Jacqui January se Gospel-Kersfees volg om 17:00, waarin sy plaaslike en internasionale musiek sal speel. Dis nederige solo’s, groepe en ‘n orkes wat die immergewilde, bekende en minder bekende gospelliedjies van Kersfees sal vertolk.

18:00 Nuus en Weer

18:10 Spesiale Kersprogram

Mense vier elke jaar Kersfees, maar doen engele dit ook? Is Kersfees vir hulle net so belangrik soos vir ons? In Engele en Kersfees gesels Flip Loots om 18:10 hieroor en speel bypassende Kersmusiek.

18:50 Poen en Toekie

19:00 Nuus

19:05 Aanddiens

19:30 Kerskompas

Die drie Kompas-aanbieders – Athina Jansen, Francois van der Merwe en Chrislynn Sias – neem om 19:30 die luisteraars op ‘n nostalgiese rit deur Kersfees en die gunsteling-herinneringe wat jong mense oor hierdie spesiale feesdag deel. Die program Kerskaskenades bevat ook luisteraars se sienings oor Kersdag en die Kompas-span verras met hul eie Kerssang en kitaarspel.

20:00 U eie Keuse vir Kersdag
Vanaf 20:00 word die gewone Saterdagaandrooster gevolg, maar steeds met ‘n Kerstema. Die immergroen U eie keuse met Willem Pelser volg om 20:00, maar sal spesiale Kersliedere insluit.

21:00 Kapityt met Sue Pyler

22:00 Countryklanke

Countryklanke met Jacques Arendt om 22:00 sal countrymusiek bevat, maar wat as Kersfeestreffers bekend is.

23:00 Naweektjil