SA vrou kry doktorsgraad selfs nadat kwart van haar brein weggesny is


Dr Amy Martin

Amy Martin

Amy Martin (33) van Durbanville het die byna onmoontlik reggekry. Sy het ‘n doktorsgraad behaal in weerwil daarvan dat 25% present van haar brein weens gewasse verwyder is. Sy het ‘n doktersgraad in Antieke Kulture aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

Sy skryf op haar LinkedIn profiel:

Meer oor Amy Martin

Amy het 25% van haar brein verloor nadat verskeie gewasse uit haar brein verwyder moes word. Sy is op 14 met breintumore gediagnoseer en gewasse is uit haar brein verwyder toe sy 14, 17 en 18 was. Die diagnose en siekte het baie trauma en stress veroorsaak, het sy gesê. Sy het in die waaksorgeenheid gesien hoe baie mense – jonk en oud – om haar sterf. Dit het haar ‘n nuwe persepktief op die lewe gegee en gehelp om terug te veg en te bly droom.

Die gewasse het tot erge epilepsie en spierskade gelei wat jare geneem het om te oorkom. Haar familie het haar deurentyd ondersteun.

Sy wil nou graag onderwys gee in Suid-Korea en graag reis om antieke stede in Griekeland en Itali¨we besoek, want sy stel baie belang in die antieke wêreld.