‘n Drawwer, ‘n dokter, toeval en ‘n lewe word gered


Stralende bruid: Danica, Francois en haar twee kinders.

1 Junie 2019 was ‘n perfekte laatherfsdag in die Boland. Die wingerde was ryk verkleurd en dit was windstil. En op ‘n plaas net buite die Paarl, was Danica Wiese (39), donkerkop, lank en skraal en ma van twee, ‘n stralende bruid aan die sy van ‘n vriendelike lang, blonde wynboer.

Alles pragtig. In plek. Doodgewoon.

Maar dit was nie. Want dit was ‘n wonderwerk dat Danica daardie dag nog gelewe het. Die wonderwerk kan beskryf word as ‘ver verby toeval’.

Want op 21 Maart het Danica se hart gaan staan, en dansky die sameloop van verskeie toevallighede, is haar lewe gered. En het sy sonder enige nagevolge herstel.

Luister vanoggend na alhoebekker. Danica en Leana vertel self hoe alles gebeur het.

Dit het só gebeur:

21 Maart 2019 06:00 – 07:30
Gebeure in Durbanville:  Vroegoggend Op Donderdag 21 Maart, maak Danica (39), sakevrou en ma van twee, gereed om aan die Tiger 10, ‘n pretdraf by die Tygervallei sentrum, te gaan deelneem. Dis immers ‘n vakansiedag. Sy draf gereeld tussen 6 en 10 km per dag en sien uit na die pretdraf saam met ‘n vriendin.

Gebeure in die Strand:
Terselfdertyd is Dr Leana van Wyk, pediater wat in Tokai praktiseer, by haar vriend op Somerset-Wes. Sy sou nie daar gewees het. Inteendeel, sy en haar vriend sou die naweek uitstedig gewees het en by sy ouers gaan kuier het (Toeval 1), maar toe besluit sy sy wil graag aan ‘n swem-byeenkoms deelneem. Haar vriend skryf toe in vir die Tiger 10 pretdraf.
Sy sou dus teen 7 vm al oppad gewees het om aan die Hot Chocolate swem in Kampsbaai deel te neem, maar toe dit weens winderige omstandighede na die Waterfront verskuif is, het sy besluit sy is nie lus van die kanale nie (Toeval 2). Sy sluit toe by haar vriend aan op Somerset-Wes. Daardie oggend, met haar swemplanne in die wiele gery, besluit sy om wel saam met haar vriend na Tygervallei te ry, en hom dan by die Tiger 10 af te laai (Toeval 3).

7:30
Danica is gereed om weg te spring. En Leana se vriend ook. Al weet hulle nie eens van mekaar se bestaan nie.

7:30 – 8:00
Leana ry weg van die Tygervallei is, en neem ‘n video (hieronder) kort nadat die groep weggespring het, en teen die bult by die Tygervallei Sentrum uithardloop. Teen dié tyd het Danica net geval.

Leana is besluiteloos: moet sy wegry, of net êrens parkeer en wag? Sy besluit om koffie te kry, ‘n draai te ry en die groep dop te hou (Toeval 4).
Dan merk sy op dat – sowat 300 meter van die wegspringpunt af – van die hardlopers saamdrom en verward lyk.
Sy besluit om die kar te parkeer en te gaan kyk wat aangaan (Toeval 5).

Sy kom af op Danica, wat op haar sy lê. Danica het later vertel sy het net vreemd oor haar bors gevoel, haar hand uitgesteek na haar vriendin wat langs haar gedraf het, en toe weet sy niks verder nie.

Toe Leana Danica op haar rug draai, was sy blou in haar gesig, ‘non-responsive’ met geen hartklop of asemhaling nie.

Sy begin dadelik met KPR. Sy weet nie hoe lank Danica se hart nie meer klop nie, maar hou aan en aan. Van die omstanders staan haar by, bel die ambulans, help met inligting. Later kom die paramedici by, help met die CPR en toe hulle haar aan die hartmonitor koppel, sien hulle haar hart bewe net. Sy het hart-arres (nie ‘n hartaanval nie). Haar hart is in  ventrikulêre fibrillasie oftewel VT, en bewe net, maar pomp geen bloed uit die hart na die liggaam nie.

Die KPR help dat bloed wel in die brein kom sodat breinskade nie intree nie, maar met VT tel elke minuut. Hoe langer die hart in VT is, hoe kleiner raak die kans dat die hart weer sal begin klop. As die hart een minuut in VT is, is die kans sowat 90% dat dit weer sal begin klop, maar met elke minuut neem die kans met 10% af. Na sowat 10 minute is die kans uiters skraal dat die hart weer sal begin klop. Daarom help dit nie om veel langer as 10 tot 15 minute aan te hou met CPR nie. Leana het geen idee gehad hoe lank Danica se hart nie meer klop nie, en was baie verlig toe die hartmonitor wys daar is wel ‘n hartklop, al is dit net ‘n trilling.

Die paramedici se defribrillator word onmiddellik ingespan. Hulle skok Danica om haar hart aan die gang te kry. Daar niks. Geen hartklop nie.

Leana hervat die KPR want dit is te gevaarlik om twee hartskokke reg na mekaar toe te dien. Ná ‘n rukkie probeer hulle weer. Ná die tweede hartskok, kry hulle weer ‘n normale hartritme. Danica se hart klop weer. Maar sy is steeds bewusteloos. Sy word aan ‘n drip gekoppel. Leana spuit die nodige middels in om Danica se hart te ondersteun.

08:00 – 09:00
Leana klim saam met Danica in die ambulans en hulle jaag na Mediclinic Panorama, waar sy opgeneem en verder behandel word.

Danica kom die middag weer by en raak weer van omgewing bewus. Sy het geen breinskade nie, haar hart klop normaal en haar toestand is stabiel en bevredigend.

Maandag 25 September
Verdere harttoetse word gedoen, maar daar is nie ‘n spesifieke fokuskol in haar hart wat tot die oormatig vinnige hartklop aanleiding gegee het nie. Indien daar so kol was, sou Dr Razeen Gopal, elektrofisioloog, die fokuskol vernietig het. Hy plant ‘n spesiale hart-skok apparaat in, wat haar hart weer sal terughelp na ‘n normale ritme indien dit weer te vinnig begin klop en in VT sal ingaan.

Danica (in die middel) met Dr Leana van Dyk (regs), wat haar lewe met KPR gered het, en Dr Razeen Gopal (links) wat die spesiale apparaat ingeplant het wat haar hartritme na normaal laat terugkeer as haar hart oormatig vinnig klop selfs sonder om dit te skok.

Junie 2019

Danica, Francois en van die bruilofsgaste.

Twee maande later is Danica ‘n stralende bruid.

September 2019
Danica sal volgens alle aanduidings weer kan begin draf en ‘n normale lewe lei.

Kyk Saterdag om 18:00 na 1000 LIVES op SABC2, waar dié wonderlike storie van toeval vertel word.