Truffel-boerdery in SA


Dr Willem Mostert gesels met Martelize Brink oor truffel-boerdery in Suid-Afrika. Hy en seun het truffel-bome aangeplant nadat hulle truffels in Europa geproe het en besef het daar is ‘n groot mark vir dié ‘swart goud van die kombuis’.

Hulle het die truffels in ‘n gebied naby Montagu in die Wes-Kaap gevestig.

Bome word aangeplant en met die truffel spore geïnokuleer. Die boom begin binne 4 tot 5 jaar om ‘n oes te lewer. Dit neem 14 jaar vir ‘n boom om in volle produksie te kom, en dan hou die boom 30 jaar. Die eerste ses maande is die gevaarlikste tyd vir die boomgroei omdat dit baie vatbaar is vir verskeie swamme.

Honde word opgelei om die truffels uit te snuffel, want die varke vreet die truffels op.

‘n Truffel se geur hou sowat drie weke.

Jy sny hom in skyfies en voeg dit by kos. Michelin chefs gebruik truffels (teen R16000 per kg) in hul geregte om dit ‘n spesiale smaak te gee.

Lees meer oor truffel-boerdery in Suid-Afrika en die Mosterts se ondervinding en navorings: https://www.mosbec.co.za/

‘n Truffel plantasie. Let op dat niks onder die bome groei want die truffle maak alles dood onder die boom want dit alleen voed die boom.

n Truffel boer in Spanje met sy oes vir die dag: Twee kilogram truffles waarvoor restaurante R16 000 per kilogram betaal.

‘n Truffel jagter met sy hond besig om ‘n truffel uit te haal wat sy hond uit gesnuffel het. Varke word nie gebruik nie, want hulle vreet dan self die truffels op. Honde word baie vinnig geleer om die reuk uit te ken.

‘n Tuber melanosporum truffel – “the black diamond of the kitchen”