Luister weer: Onder die appelliefiebos


Marlise Joubert

“Onder die appelliefiebos”, deur Marlise Joubert, word op 2 Desember  om 20h00 op RSG uitgesaai. Die drama is in Kaapstad opgevoer onder regie van Joanie Combrink.

STORIE

Emma se ma bekommer haar oor haar kind  terwyl die kommunikasie tussen hulle verswak. Emma kom melankolies en depressief voor en haar skoolwerk gaan agteruit. Die sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer, Tys, bou die kissie en haar beste vriendin Karlien, staan haar by. Emma worstel met haar identiteit en neem dan haar vriendin in haar vertroue oor dit wat haar pla.

Temas soos identiteit, herkoms en vervreemding word aangeraak.

Dit is ‘n fyn, sensitiewe drama wat ontroer.

SPELERS

Elanza Swart

Wilhelm van der Walt

Elanza Swart vertolk die rol van Emma en Wilhelm van der Walt is haar broer, Tys.

Erica Wessels

Kayla van der Merwe is haar beste vriendin, Karlien, en Erica Wessels, haar ma, Hanna.

Ander spelers is Eugenie Wiggins in die rol van haar ouma en Chloe van Rooyen en Cole Wessels is onderskeidelik Baby en Jantjie.

TEGNIESE EN AKOESTIESE VERSORGING

Cassi Lowers was verantwoordelik vir die tegniese en akoestiese versorging. Die spelers het meeste van die byklanke self hanteer.

Van die musieksnitte is deur die skrywer self voorgestel en die res is gekies om daarby aan te pas.

Agter van links na regs is Erica Wessels, Elanza Swart, Kaylan van der Merwe & Cole Wessels. In die middel is Wilhelm van der Walt & Eugenie Wiggens. Voor is Chloe van Rooyen.

 

Laaste drama van ons 2e seisoen