1 e Dokumentêre seisoen 2020


Eerste Dokumentêre seisoen vir 2020
Datum Persoon Titel Tema
02-Jan Skatkis-herhaling Stukkies in die Legkaart Skrywer Dolf van Niekerk se lewe en werk (90 geword in 2019)
09-Jan Skatkis-herhaling Majesteit die Kat Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Sies is op 6 Maart 1939, die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is alombekend, maar ‘n sekere siklus en sluiting oor die naamgewing van haar katte is nou voltooi. Die naam slaan reguit terug uit haar eerste digbundel, Digby Vergenoeg, wat in 1971 verskyn het uit die vers Vir Anne Frank van de Achterhuis in die strofe, “weer moes Peter maar vir Mouschi streel.”
16-Jan Hennie Maas Die Silwer Snaar Jan van Rooyen is ‘n voormalige regsakademikus wat van jongs af die klank van die viool bestudeer en daarmee gewerk het. Hy vertel hoe hy die eerste keer vir Jascha Heifetz oor ‘n krappige radio op Lindley in die Vrystaat gehoor het, en hoe hy sy hart verloor het. Vir hom is die klank van die viool die belangrikste – nie noodwendig die ouderom of afkoms van die instrument nie. Daarom het hy ‘n studie gemaak van vioolklanke en hoe om ‘n bepaalde klank uit ‘n viool te kry. Jan gesels ook oor hoe belangrik die hout is waaruit ‘n viool gemaak word – liefs van hout wat in wind en weer in die Karpatiese Berge gevind word. Sy veredelde viole het ‘n goeie vastrap plek in Amerika gekry – in so ‘n mate dat die bekende violis, Joshua Bell, daarop aangedring het dat hy een van Jan se viole wil koop, want die instrument klink na ‘n Italiaanse viool wat 300 jaar oud is!
23-Jan Ina Strydom Leipoldt se Polfyntjie

C Louis Leipoldt

C Louis Leipoldt is vanaar 140 jaar gelede gebore. Hy was een van die invloedrykste skrywers van die vorige eeu. Hy was ook een van die veelsydigste Suid-Afrikaners van sy tyd:  joernalis, mediese dokter, botanis, koskenner, digter en dramaturg. In Leipoldt se Polfyntjie onderneem ons ‘n voëlvlug van die lewe en werk van dié kleurryke figuur.
30-Jan Mariska Spoormaker Toebroodjie-meneer

Stephen de Bruin.

Die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage is ‘n ‘no fee’ skool, omring van bendes en plakkerskampe soos Moeg Gesukkel en Lapland. Skoolhoof Stephen de Bruin verstaan hoe die kinders voel; hy het onder net sulke moeilike omstandighede grootgeword. Lank gelede het die “toebroodjie-meneer” het sy eiedunk en toekomsvisie verander – nou volg hy soortgelyke beginsels om sy leerlinge te inspirer en te motiveer
06-Feb Fritz Klaaste Kyalami – Dit brul weer in ons huis

Kyalami is ‘n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wêreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.
13-Feb Haidee Muller Blinde Kol

Om krieket te speel was een groot droom vir die Gerhard Trollip, maar hy kan net tussen lig en donker onderskei. Hy het in 1999 mense nader gehark om krieket aan die blindes en swaksiendes te kom demonstreerdaar en só het die Worcester Victorians ontstaan. En Bradley Arendse wou nog altyd ‘n blinde span afrig en vandag doen hy dit na die beste van sy vermoë. Die Worcester Victorians bestaan uit 5 spelers wat geheel en al blind is en 13 swaksiende spelers, wat skoolkinders en volwassenes insluit.
20-Feb Martelize Brink So ry die trein…

In So ry die Trein kyk ons na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap. Van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwereldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywers omsien, tot die toekoms van die treindiens in onseker tye. Ons hoor ook die verhaal van Engin nommer 9 wat liefdevol bekend gestaan het as Blackie en uiteindelik sy rusplek in die voorportaal van die stasie gevind het.
27-Feb Johan Rademan Carlos van die Rooiberg

Kom ontdek die mens Carlos Araujo, sy diamant uit die Namakwaland, sy vrou Huibrecht, en die ontdekkings van die Rooiberg. Carlos is ‘n gids van die Rooiberge buite Robertson se bedreigde en endemiese spesies uitstekend ken. Die bekoring is hier dat ek in die veld saam met hom sal loop, terwyl die besondere rooispesies op die datalys uitgewys en bespreek word. Ek het met die plaasmense gepraat en Carlos Aurajo (’n Afrikaanssprekende Portugees) is nou die kenner. Die Rooivin-vis kom net daar voor en hulle het nou ook ‘n plant ontdek wat hulle gedink het uitgesterf het. Daar was net ‘n ‘n voorbeeldtekening  daarvan in Die Kasteel. Universiteit Kaapstad doen gereeld navorsing in die omgewing.
6 Mrt. Jacqui January  Mamma-Mamma  –  Pappa-Pappa Aanneming van kinders deur dieselfde geslag ouers.
• Paartjies wat hulle stories deel;
• Die behoefte na eie kinders;  die reis – moeilike en makliker tye,  die groot voorreg en swaarkry en plesier;
• Kenner oor Wetgewing – dis aanvaarbaar, maar ander toepassings bv. kraamverlof bly steeds ‘n tammeletjie;
• Kenner oor die impak op so ‘n familie; die kind tussen portuur-groep; hantering van “moeilike” vrae bv. wie speel ma en wie speel pa.
13 Mrt. Mariska Spoormaker Kaalvoet Katot Ontmoet Katot Meyer, gewese landbou wateringenieur , wat al 20 jaar lank sy eie oorlog teen indringerbome en -plante voer in die Suid-Kaap voer. Mariska Spoormaker het hom in sy Pietersriviernatuur-reservaat gaan opsoek en baie meer verhale as net dié van dorstige indringerbome gekry.
Mariska het Katot (76) – hy loop altyd kaalvoet – tot in die bolope van die Keurboomsrivier met mikrofoon agtervolg.
20 Mrt. Jody Hendricks Die haarkapper van die Legends Barbershop Legends Barbershop is in in 2011 gestig, maar het eers in in 2014 regtig begin vorder, nadat die stigter besluit het om sy bedryfsfunksie in die bankwese te verlaat om sy lewenslange droom te volg, wat Suid-Afrika sy talent sou laat sny. Sheldon Tatchell was hartstogtelik oor sy talent en wou altyd sy eie onderneming begin, en het ‘n stap geneem in die begin van die land se gewildste kapper.
Vyf jaar later, en nog steeds sterk, het die Legends Barbershop-franchise gegroei tot meer as tien kapperswinkels, en een mobiele bus, wat die eerste in Suid-Afrika is. Bekendes van ‘n lys is gesien en die besigheid met hul persoonlike ontmoetings geplaas en bevorder deur óf die mobiele diens te ervaar óf deur een van die kapperskappers te besoek.
Ander aktiwiteite wat ook Legends Barbershop op die kaart geplaas het, was korporatiewe geleenthede, waarna die Legends Barbershop-span voortdurend uitgenooi word, en ook sosiale inklusiewe programme wat die span maandeliks bestuur om lede ‘n kapsel te gee wat die individue kan help om hul selfvertoue weer op te bou.
27 Mrt. GEEN KKNK REGSTREEKSE UITSENDING