Ervaar jy familievervreemding?


Familievervreemding is aan die toeneem. Meer en meer volwasse kinders maak die keuse om alle kommunikasie met hulle familie, of spesifiek met hulle ouer(s) te staak. Mag jy familie afskryf? Nie almal hou van hulle familie of ouers nie, maar om hulle af te skryf is ekstreem. In baie gevalle is dit vir ‘n persoon se geestesgesondheid die beste opsie om liewers kommunikasie permanent te staak, maar hoe is mens seker van die besluit, en wat is die moontlike emosionele implikasies?