Fokus op Inheemse Medisinale Plante


Wilde-als is een van die bekendste inheemse medisinale plante in Suid-Afrika. Die blare word meestal gebruik as behandeling vir verskeie kwale, maar word hoofsaaklik vir koors, verkoue en borsprobleme gebruik.

Wilde-als

Daar is egter veel meer aan inheemse medisinale plante.

Met ‘n besondere diversiteit is ons medisinale plante ‘n groot trekpleister vir navorsers op eie bodem en wêreld-wyd.

Jan en San publiek het ook ‘n storie te vertelle oor die wonder werkende krag van plante. Met dit saam, die stories wat vir geslagte oor gedra is, en die kosbaarste streeksname wat aan die plante toegeken word.

Een van die grootste uitdagings is dat baie van die kennis/gebruike van nie opgeteken is nie. ‘n Jonger geslag is ook nie noodwendig meer so betrokke nie, en die gebruike/kennis gaan verlore.

Jacqui January hoor van wetenskaplikes, ‘n nagraadse student en gewone mense – wat weet van kruie en dit graag gebruik – van die stories en gebruike van Inheemse medisinale plante. In die dokumentêr hoor ons van die kosbare name, interessante gebruike plaaslik en internasionaal asook die bewaring van ons medisinale plant erfenis.

Inheemse Medisinale Plante word op Donderdagaand 12 Augustus om 20:00 op RSG uitgesaai.

Ons 2e Dokkie-seisoen 2021