Hoe voel dit om snags alleen in ‘n radio-ateljee agter die mikrofoon te wees?


Bettie Kemp

Hoe voel dit om snags alleen in ‘n radio-ateljee te sit en “lappe te trap” – ‘n uitdrukking geleen by die Siele op Wiele?

Bettie Kemp het, na aanleiding van haar gereelde middernagskofte destyds, ‘n radiodrama: NAG KARLIEN geskryf wat Donderdagaand 28 Oktober 20h00 in RADIOTEATER op RSG uitgesaai word met onder andere Anton Schmidt en  Janine Opperman in die hoofrolle saam met Bettie Kemp.

Die groot uitdaging wat die regisseur, Leon van Nierop moes bemeester, was omdat daar omtrent 6 verskillende soorte akoestiek in die stuk gebruik word. Gedagtes,

Alter ego’s, gewone uitsendings, programme op die lug, en dan fantasieë.

Dit danksy die vaardige vingers van Bongi Thomas. Hierdie is ‘n besondere stuk.

Donderdagaand 28 Oktober om 8 uur in Radioteater.

Bettie Kemp en Leon van Nierop

Lees meer oor die ander dramas in hierdie seisoen:

Laaste drama van ons 2e seisoen