Kaalvuis oor Eskom


Praat Saam: In hierdie program word die probleme by Eskom sonder omhaal geopper.

Die langverwagte nuwe Geïntegreerde Hulpbronneplan is in Oktober 2019 aan die kabinet voorgelê. Dié plan maak voorsiening vir die voortgesette gebruik van steenkool, sowel as hernubare energiebronne en kernkrag. Watter balans tref dié program tussen betroubare energievoorsiening en die regering se verbintenis tot skoner energie? En waarom is kernkrag skielik weer op die tafel?