Kat en Hond: Die geheime lewe van jou troeteldiere


Saterdag 1 Augustus 2020

Ons troeteldiere het tydens grendeltyd so gewoond geraak aan ons geselskap, en baie sukkel nou met die aanpassing om weer bedags alleen te wees. Lizma van Zyl gee wenke hoe om jou diere veilig en vrolik te hou terwyl jy by die werk is of vir lank moet uitgaan. Sy gesels ook met ‘n voormalige nuushond, wat nou ‘n hondedagsorgdiens het, en digter Danie Marais praat oor sy Levinia, soos net ‘n woordmeester kan.

Saterdag 25 Julie 2020

Selfs die mees verantwoordelike troeteldiereienaars kan nie hulle diere altyd teen siektes beskerm nie. Lizma van Zyl praat met veearts dr. Morné de Wet oor gesondheidsprobleme wat soms onsigbaar is, en hoor by hom waarvoor ons op die uitkyk moet wees. Sy klop ook aan by Riana Cruywagen wat haar vernuf met ‘n breipen ten goede van honde in skuilings aanwend.

Saterdag 18 Julie 2020

Jy het dit dalk reeds vermoed: jou keuse van ‘n troeteldier sê baie van jou persoonlikheid… Lizma van Zyl praat met Hannes en Marguerite (albei van Wyk’s) oor hulle spediale band met hulle dierekinders. En ons hoor wat kenners sê wat jou voorkeur – kat of hond – van jou persoonlikheid weggee.

Saterdag 11 Julie 2020

Die Coronavirus besorg groot lyding vir soveel mense, maar ons dierevriende ly ook. Talle word weens geldelike druk verwaarloos of verstoot. In die eerste program van ons nuwe reeks, gesels Lizma van Zyl met veearts dr. Hector Dreyer oor wat ons te midde van uiters moeilike omstandighede kan doen om ons vierbeenmaats veilig en gesond te hou.

https://www.rsgplus.org/natuur/diere/diere-se-skreeusnaakse-reaksies-wanneer-hulle-hulself-in-spieels-sien/37618/