Koalisierade moet dié kwessies takel


Die inhuldiging van die nuwe DA-burgemeester van die Umgeni-munisipaliteit in die KwaZulu-Natalse Middeland, Chris Pappas, is ontwrig toe die geskorste munisipale bestuurder, Thembeka Cibane, aangedring het om die verrigtinge te lei. Die DA en die EFF het uitgestap nadat die waarnemende munisipale bestuurder na bewering geweier het om Cibane te vra om die sitting te verlaat. Die DA wil nou regsmening kry oor die geskorste munispale bestuurder. Wat is die belangrikste kwessies wat die koalisierade moet aanspreek?