Luister weer na spanningsvolle futuristiese drama ‘Sterstof’


Johan Rademan (RSG-regisseur), Charlton George, Jane de Wet, Anrich Herbst, Wilhelm van der Walt en Roelanda Marais in RSG Radioteater : Sterstof

Klim in jou ruimtepak en reis saam met RSG in Radioteater, Donderdagaand 21 April om 8-uur. Ons verskaf die suurstof, want dit is n reis aanvanklik na Mars, maar selfs ‘n bietjie verder.

Dit is 2052 en twee mense word na Mars gestuur om daar kos te verbou. Wanneer hulle egter tydens die sending wakker word, kom hulle met ‘n skok agter dat hulle na ‘n heel ander plek op pad is.

Sterstof is propvol intrige en spanning en ondersoek die wereld in die buitensteruim met ‘n robot, 2 mense, ‘n geliefde wat hul vooruitgegaan het en ‘n ambisieuse projekbestuurder op aarde. Moenie die ruimtereis misloop nie. Donderdagaand 21 April op RSG

Cecelia du Toit se 3de prys drama van 2021 se RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie Sterstof, is n futuristiese drama wat lewe anderkant Mars ondersoek. ‘n Mengsel van menslike emosies en intrigue word met robotika vermeng, maar hebsug, roem en magsug kom ook in die prentjie wanneer 2 ruimtevaarders gekies word om meer as nuwe horisonne te verken, want nuwe planete is eintlik ter sprake. Regisseur, Johan Rademan en Produksie-regisseur, Cassi Lowers het ‘n grootse poging aangewend om dieuitdagende en uitmuntende teks van Cecelia du Toit ‘n spesiale luisterervaring te maak.maak.

Die rolbesetting bestaan uit prima akteurs soos

Roelanda Marais  (Mashima),

Jane de Wet (Tara),

Charlton George (Victor),

Wlhelm van der Walt( Altus) en

Anrich Herbst (Ben)

Die gemoedere loop hoog in Sterstof tussen die akteurs Charlton George en Anrich Herbst. (Buite die ateljee is hulle egter goeie vriende)

 

Die manne in Sterstof, Charlton George, Johan Rademan(regie), Anrich Herbst en Wilhelm van der Walt werk aan ‘n toneel in die Seepuntateljee vir RSG-Radioteater

Anrich Herbst en Roelanda Marais neem op agter glas aan die RSG Radioteater, Sterstof

Johan Rademan(RSG-regisseur) ingesprek met Roelanda Marais en Jane de Wet oor die interpretasie van n toneel uit Sterstof

2022 se 1e dramaseisoen