Meld senderprobleme hier aan


Senderprobleme…

”Waar ons egter nog nie met ons gemoed uit die winter kan kom nie, is die daaglikse uitdagings met RSG se uitsendings wat so dikwels onderbreek word, swak opvangs of waar daar inmenging van ander radiostasies se seine is. Die meeste senderprobleme kom in Mpumalanga voor veral in die streek wat Ermelo, Piet Retief, Middelburg en Nelspruit insluit, maar steurings kom op gereelde basis ook in Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap en die res van die land voor.

Groot bydraende faktore is onvoldoende kragtoevoer, kragonderbrekings, verouderde toerusting en dan veral ook vandalisme.

RSG doen alles wat ons kan, op ‘n daaglikse basis, om die erns hiervan onder die rolspelers se aandag te bring. Dit is tans die grootste frustrasie vir almal by RSG wat die klagtes van luisteraars kry.

Ons hou Sentech, wat verantwoordelik is vir die senders, so goed ons kan op hoogte. Indien jy probleme in jou omgewing ondervind, kan jy dit aanmeld by Distribution@sabc.co.za; hulle is die skakel met Sentech en sal dit verder neem.”

Magdaleen Kruger, RSG stasiebestuurder.

Meer inligting

Besoek Sentech se webblad en kyk presies waar dien Sentech-senders in jou streek geleë is. Jy is ook welkom om regstreeks met Sentech in aanraking te kom: http://www.sentech.co.za/content/radio-signal-distribution