Nuus: Inkomstetoelaag; uitstel van verkiesing


‘n Basiese inkomstetoelaag van sowat R1,270 per maand word oorweeg om die ekonomie weer op dreef te kry, maar ekonome waarsku dat die helfte van die land dan van toelaes afhanklik sal wees. Die organisasie, Accountability Now, en die DA maak planne bekend oor hulle pogings om te vra dat ‘n nuwe hoofstuk 9-instelling gestig word. ‘n Grondwetkenner waarsku dat die uitstel van die verkiesing ‘n gevaarlike presedent skep.