Ontmoet onverskrokke Martelize Brink


Martelize Brink is ‘n omroeper/vervaardiger by RSG radiostasie. Sy het die leefstylprogram Oggend op RSG 09:00 – 12:00 aangebied en vervaardig vir meer as ‘n dekade, waarvoor sy 11 ATKV Mediaveertjies gewen het. Sy bied tans DrieSestig op RSG weeksdae 13:00 – 15:00 aan. Sy is al meer as 20 jaar in ‘n rolstoel weens ‘n siekte wat sy ervaar het as ‘n tiener, wat die gemaksone-uitdaging soveel belangriker maak.

Maar wie is hierdie blondekop wat haar nie deur ‘n rolstoel laat stuit nie?

Klein-klein met die blonde hare en blou oë.

Sy is ‘n Paarliet in murg en been en die jongste van vyf kinders. Martelize het in ‘n predikantshuis groot geword waar daar altyd baie aktiwiteit was – tussendeur kerk, haar pa dr. Matie Brink se potjiekos passie en sy roeping om honger mense in die dorp daagliks kos te gee.

Martelize was van pre-primêr tot matriek in Gimnasium en het op Stellenbosh studeer waar sy ‘n honneurs in Politieke Wetenskap behaal het.
In 2003 is Martelize aangewys as Tempo Radio-aanbieder van die jaar. Sy vervaardig ook dokumentêre programme vir RSG gedurende dié jaar oor onder meer Aardverwarming, die Khoi- en San-kultuur en die bemagtiging van Afrikaanse gemeenskappe. Martelize verwerf ook in 2003 ‘n honneursgraad in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Voordat sy as 13-jarige oornag verlam geraak het, was Martelize ‘n kranige atleet en het tennis en netbal gespeel.

“Politieke Wetenskap moet op skool onderrig word. Dit bied die leerder ‘n beter begrip van die wêreld en leer hulle om rasioneel te redeneer oor enige kwessie van die dag,” sê sy. Sosio-politieke kwessies bly steeds een van haar vernaamste passies.

Sy was vier jaar lank op Stellenbosch en gedurende hierdie tydperk het sy verskeie programme aangebied en nog meer toekennings gewen. Sy het ook gevorder tot Programbestuurder van MatieFM 92.6.

Op skool

“Om by ‘n gemeenskapsradio te begin, is een van die beste leerskole wat daar is,” meen sy. Gedurende haar tyd by MFM 92.6 het sy haar stemvaardighede met advertensiewerk ontwikkel by Die driRadio Retail.

Haar loopbaan by RSG het begin met SAUK Opvoedkundige programmering wat gefokus het op finansies, leerderondersteuning en opvoeding. ‘n Jaar later het sy by die Oggend op RSG-span as vervaardiger aangesluit word later  mede-aanbieder.

Sy tree gereeld op as seremoniemeester by geleenthede en is ook ‘n motiveringspreker en het ‘n eie blog.

Martelize voer ‘n oorlog teen gemaksones. “‘n Gemaksone is net ‘n sagte kis, ” sê sy. Sy probeer om mense te inspireer om hulself uit te daag om te groei en die lewe na die beste van hul vermoëns te geniet. Hoe kan ‘n mens nee sê as ‘n energieke vrou in ‘n rolstoel jou uit jou gemaksone wil woel?

Haar eie gemaksone-uitdagings is velerlei: Sy het die gorillas in Rwanda in 2013 gaan kyk. Plaaslike inwoners moes haar die berg op dra ten einde die gorilla-familie te bereik. Sy het ook Namibië se spergebied besoek waar rolstoele natuurlik nie in die pragtige Namib-duine kan beweeg nie. In hierdie “ongemak” het Martelize tog volkome vryheid en vreugde ervaar.  In 2012 het Martelize die Pienk Pikkewyn-projek begin ter ondersteuning van liefdadigheidsorganisasies wat haar uitdaag buite haar gemaksone. Die eerste projek was kajak na Robbeneiland toe in Desember ten bate van veelvuldige sklerose. Anders as haar avontuurlike sy het sy het ‘n passie vir haar familie, vriende, kos en goeie wyn.

Soos haar pa, is kosmaak in Martelize se bloed. In 2017 het sy haar eerste kookboek “Martelize Kook: Jy’s genooi” vrygestel.

Die Driesestig-span: Johan Rademan, Martelize Brink en Ignatius Vlok

As seremoniemeester

Martelize is tans die aanbieder van “DrieSestig” op RSG vanaf 13:00 – 15:00. Sy is ook die vervaardiger en aanbieder van “Martelize se Stamtafel” op ViaTV. Haar nuwe boek wat fokus op braai, rook en bak oor die kole, “Martelize Brink, Oor die Kole” word in September 2022 bekendgestel.

In 2021 het sy haar potgooi-platform bekend gestel. Sy het onderhoude gevoer met meer as 20 van die belangrikste wynfigure wat die bedryf in Suid-Afrika gevorm het. Dit sluit mense in soos Jan Boland Coetzee, Duimpie Bayly, Beyers Truter, Dave Hughes, die Retiefs van Van Loveren, Achim von Arnim en Gunther Brozel. Hierdie potgooie is beskikbaar op Youtube of op www.martelizebrink.co.za.

 

 

Martelize en Marius

Martelize en Marius

Ton Vosloo by Martelize Brink in die ateljee.

Martelize en die vlieënier toe sy gaan vlieg het

Haar suster se woorde gee ook ‘n kykie in Martelize se wêreld.

 

Instagram: @martelizebrink

Facebook: @martelizebrinkrsg

Twitter: @martelizebrink

TikTok: @martelizebrink