Slegs 7% van munisipaliteite funksioneer goed


Dr. Zweli Mkhize

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, het by die Parlement in Kaapstad gesê dat ‘n oudit van die land se 266 munisipaliteite toon dat meer as die helfte heeltemal wanfunksioneel is en ander munisipaliteite bykans nie enigsins funksioneer nie. Mkhize sê daar is beperkte ervaring om infrastruktuurprojekte te bestuur, tenders te hanteer en interaksie met kontrakteurs is onvoldoende. Mkhize het bekend gemaak dat die departement binnekort kenners na sowat 55 munisipaliteite gaan stuur om die tegniese vaardighede te ondersoek. Mkhize sê 16-miljard rand is in die huidige boekjaar vir munisipaliteite bewillig en hulle kan deur die regering se munisipale infrastruktuurtoelaag toegang tot die geld kry.

Lees meer:

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/55-municipalities-are-dysfunctional-mkhize-20180320

http://ewn.co.za/2018/03/21/mkhize-many-municipalities-battling-to-use-funds-for-infrastructure