Luister weer: Don Juan deur Molière


Moliere

Luister vanaand na ‘n argiefdrama Don Juan deur Molière

In die vroeë dae van Afrikaanse radio, wat in die tyd was toe Afrikaans self nog in sy kinderskoene gestaan het, is baie werk uit die wêreldletterkunde vertaal en opgevoer.  Die rede was tweeledig: Afrikaanse skrywers kon nog nie genoeg materiaal lewer nie, en daar was ‘n behoefte om die klassieke werk uit die internasionale letterkunde ook vir  Afrikaanse luisteraars toeganklik te maak.

Die argiefdrama, Don Juan deur Molière wat op 12 Mei uitgesaai word, is een so ‘n voorbeeld.  Dit is reeds in 1973 opgevoer, met ‘n inleidende verduideliking vooraf.

Die argiefproduksie word uitgesaai ter viering van die Franse dramaturg, Moliére, se geboorte in 1622, vanjaar 400 jaar gelede. Sy doopnaam was Jean-Baptiste Poquelin. Molière was ‘n akteur, dramaturg en digter, en word beskou as een van die belangrikste skrywers in die Franse en wêreldletterkunde.  Sy werk is in verskeie tale vertaal, insluitend Afrikaans, en word steeds in Frankryk opgevoer.

Die argiefdrama, Don Juan, spog met spelers soos Louis van Niekerk, Dana Niehaus, Christine Stevens, Miems de Bruyn, Franz Marx en Pieter Hauptfleisch en is onder spelleiding van Johan de Kock.

2022 se 1e dramaseisoen