Vergroen die Hoëveld met dié plante, deel 1 – 5
Vergroen jou dorp: Die Hoëveld
In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.
Luister na die potgooi van deel 1:
Wat is ‘n bioom?
‘n Bioom is ‘n gebied wat vanweë hulle klimaat, grondtipe, reënval, ryp, winde, hoogte bo seespieël ander faktore dieselfde tipe plantegroei en diere ondersteun. Plante is aangepas by die klimaat en diere en die diere is aangepas by die plantegroei en klimaat. Dit is die heel beste om bome en ander plante wat in jou streek/bioom aard, aan te plant, verduidelik plantkundige dr Ernst van Jaarsveld, eers van Kirstenbosch en tans van Babylonstoren.
Suid-Afrika het sewe belangrike biome.
Ons gaan die biome van noord na suid, oos na wes, bespreek. Die eerste bioom wat aandag kry, is die Bosveld en Laeveld, Die tweede bioom is die Hoëveld.
Die onderstaande teks en besonderhede is opgestel deur Dr Ernst van Jaarsveld. Hy het ook die meeste van die pragfoto’s verskaf.
Hoëveld
Deel 1
Bloulelies, swaardlelies, sterretjies, soetdorings, blompere met hulle wit bloeisels, Olienhout, rooi-ivoor… dis van die pragtige plante inheems aan die Hoëveld. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld gesels oor inheemse plantegroei van die Hoëveld om inwoners te help om hulle dorpe te vergroen.
Hoërliggende gedeeltes bokant die platorand en sluit in Gauteng, Johannesburg, hoeer dele van Pretoria, Witbank, Belfast, Parys, Potchefstroom, groter dele van die Vrystaat, Welkom, Kroonstad, Winburg, Senekal, Ficksburg, Bethleham, Winburg en NoordWes. Hierdie sluit alles hoerliggende grasveld dele.
Klimaat
Meer ekstreem- en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is sonnige winters, ryp snags gedurende die winter maande met minimum temperature wat wissel van -1 tot -10. Reenval meestal vanaf lente tot herfs met donderstorm. Histories was dit grasveld met klipkoppe en kleiner bome en struike. Wat die plantgegroei bestuur is winterkoue maar met troppe wild wat die gras bewei het.
Dink maar aan die kenmerkende koppies met sy berg of hoëveldkiepersol, bloubos, gwarrie, witstinkhout, bergvaalbos (Brachylaena rotundata) en verskeie bokdrolsoorte. Aalwyn kom ook voor en die deel kenmerkend met sy grasaalwyne en verskeie bolplantsoorte. Die soetdoring kom ook wydverspreid in die deel voor.
Net vir interessantheid, die inheemse boom wat op die hoogste pieke van die Drakensberge groei heet die ouhout (Leucosidea sericeae) wat tot hoogtes van 3 000 m groei dit behoord tot die roos familie (Rosaceae). Baie bome is ondergrond gedryf waar hulle skuiling teen brand het. Ploegbreker met sy mooi koraalagtige blomme.
Baie van die bome ook brandbestand, omdat hulle in dele voorkom waar brande feitliks jaarliks voorkom. Dink maar aan bergkiepersol met sy kurkbas.
Reënval min of meer 800–2000 mm per jaar afhangede die deel. (700-800 vir Gauteng)
Internasionale bydra van hoeveldplante in wereld siertuinbou. Vuurpyle (Kniphofia), Bloulelies (Agapanthus spp), grasklokkies (Dierama), swaardlelies (Gladiollus), wilde-pynappel (Eucomis spp.), sterretjies (Rhodohypoxus baurii), bokhoringkies (Diaschia spp.)

Common Pineapple Flower (Eucomis autumnalis). Umgeni Valley Nature Reserve. Howick. KwaZulu Natal. South Africa.
Ryk plantdiversiteit veral bol, knol en rhizoomgatige plante .
Struktuur: Plantegroei bestaan meestal uit ‘n graslaag met bebosde koppies. In ons tuine kan ons dus oop dele uitbeeld met die aanskoulikste van sy bol, gras, meerjariges ens.
Van die bome is bladwisselend met mooi herfskleure en dink maar aan die vaderlandswilg (Combretum erytrophyllum).
Vestiging en grond baie belangrik
Klei tot kleileem tot sanderige dele. Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend. Geologie is uiteenlopend, maak gebruik van plaaslike rotssoorte hetsy sandsteen, graniet, doloriet of dolomiet.
Vestiging: pioniers: vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo), notsung (Halleria lucida) geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), blompeer (Dombeya rotundifolia), papierbasdoring (Acacia sieberiana woodii ) met ligte skadu en ideaal vir grondbedekkers.
Bome
Daar is sommer n lywige groep bome wat hier natuurlik groei en rypbestand is.
Olien (Olea europaea subsp. africana), basboom (Dais cotinifolia), basterolien (Buddleja saligna), witstinkhout (Celtis africana), karee (Searsia lancea), bergkaree (Searsia leptodictya), taaibos (Searsia pyroides), blompeer (Dombeya rotundifolia), rooi-ivoor (Bercheimia zeyheri), hoeveld of bergkiepersol (Cussonia paniculata), haakdoring (Acacia caffra), buffelsdoring of blinkblaar wag ‘n bietjie (Ziziphus mucronata). Grootblaarrotsvy (Ficus soldanella), rooiblaarwildevy (Ficus ingens). Wonderboomvy (Ficus salicifolia)
In deel 2 geslels ons verder van hier:
‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld. In dié episode ontsluit plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld verder die geheimenisse van die inheemse bome en struike van die Hoëveld om dorpenaars te help om hulle dorpe en streke te vergroen.
Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), hoeveld-sukerbos (Protea caffra), silwerblaarsuikerbos (P. roupelliae), rooiaarsuikerbos (P. rubropilosa), rooibessie (Olinia emarginata), witpeer (Apodytes dimidiata), Vaderlandswilg (Combretum erytrophyllum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), pietersielieboom (Heteromorpha arborescens) met sy mooi skilferbas, wilde-perske (Kiggelaria africana) wildekatjiepering (Rotmannia capensis). Ook baie mooi die baakhoutbome (Greyia radlkoferi en G. sutherlandii). Dave Berger van die Universiteit van Pretoria het n student wat op die groep werk en het selfs n witblommende vorm gekry.
Ander sluit in kanferbos (Tarchonanthus camphoratus), bergsipres (Widdringtonia nodiflora), knoppieshout (Xanthoxylon capensis), trassiebos (Acacia hebeclada) met peule wat regop staan, spreidende struik wat amper ‘n ondergrondse stam het. Kokoboom (Maytenus undata).
Bome vanuit die bosveld wat ons al beproef het in dele van Johannesburg; knoppiesblaar (Galpinia transvaalica), stamvrug (Chrysophyllum magalismontanum), Kei- appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus)
Bome met argitektoniese vorms
Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), Middelburg-broodboom (E middelburgensis), bergaalwyn (Aloe marlothii), bergkiepersol Cussonia paniculata var. sinuta.
Struike
Geel blombos (Phymaspermum acerosum), groot-geelblombos (Phymaspermum athanasioides), geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), wildevlier (Nuxia congesta), Kerriebos (Hypericum revolutum), pers-stokroos (Anisodontea jullii), balbossie (Gomphocarpus physocarpa), steenbokmelkbos (Gomphostigma fruticosa), bergkatbos ( Asparagus laricinus), rivierkatbos (Ä. virgatus), geel-skulpiesblom (Bowkeria citrina), treursalie (Buddleja auriculata), hoesbos (B. glomerata), bergsalie (Buddleja loricata), B. wilde-salie (salviifolia), lemoendoring (Cassinopsis ilicifolia), deurmekaarbos (Ehretia rigida), noemnoem (Carissa bispinosa), Jakkalsbos (Diospyros austro-africana), berg-swartbas (D. scarbrida), swartbas (D. whyteana), ystertoppies (Dodonaea viscosa), tamboekiedoring (Erythrina ancanthocarpa), ploegbreker (E. zeheri), hardeblaar gwarrie (Eulea coriaceae), bloughwarrie (E. crispa), harpuismagriet (Euryops chrysanthemodies), Waterberg-heuningklokkies (Freylinia tropica), kruisbessie (Grewia occidntalis), wilde-dagga (Leontis leonorus), klokkies-pendoring (Gymnosporia tenuispina), berg-kruidjie-roer-my- niet (Melanthus villosus), miritng (Myrsine africana), wildevlier (Nuxia congesta), pompombruidjiesbos (Pavetta cooperi), stinklaarbruidbos (P. gardeiifolia), vaalbruidbos (P. zeyheri), hadeblaar (Phylica paniculata), septemberbossie (Polygala myrtifolia), witkershout (Pterocelasturs echinatus), tandblaarkoko (Maytenus ilicifolia), blinkblaar (Rhamnus prinoides), bergtaaibos (Searsia dentata), berg-besembos (S. dregeana), Besembos (S. erosa), vaal-bruidbos (Pavetta zeyheri), kankerbossie (Sutherlandia frutescens), bergwildemispel (Vangueria parvifolium), willemispel (Vangueria infausta), geel skulpiesblom (Bowkeria citrina), boesmansgif (Ackocanthera oppositifolia).
Deel 3: Dr Ernst van Jaarsveld gesels verder oor Hoëveldse struike:
Rank en klimplante
Wilde-appelkoos (Ancylobotrys capensis), klimop (Clematis brachiata), Hoeveld-geelertjie, (Macrotyloma axillare), spantou (Cynanchum viminale), windmeultjies (Sphedamnocarpus pruriens), rankpompom (Vernonia angulifolia) gemsbokboontjie (Tylosema esculenta of T. fassoglense).
Deel 4: Dr Ernst van Jaarsveld vertel meer oor meerjariges, en bolplante.
Meerjariges en ander kruidagte struike
Dolomietsalie (Salvia dolomitica), groot-blouklokkiesbossie (Wahlenbergia grandifora, W. undulata), silwerkwassie (Vernonia natalensis), geel-platkopsewerjaartjie (Helichryssum umbraculigerum) silwersewejaartjie (Helichryssum argyrophyllum), klipsalie (Aeollanthus parvifolius), harige-klipsalie (A. buchnerianus), bloumadeliefie (Aster harveyanus), bloublommetjie (Barleria obtusa), Idaba-katsnor (Becium obovatum), bloubobbejaandissel (Berkheya purpurea), berg-bitterbossie (Caliliepis leptophylla), pluimbossie (Clematopsis scabiosifolia), bruin-en-geel voeltjieblom (Crotalaria laburnifolia), grootpeul-voeltjieblom (C. macrocarpa), basoetoe-anelier (Dianthus basuticus), Moorivierangelier (Dianthus mooiensis), pensies (Disachia barberae), smalblaar-bokhoringkie (D. integerrima), pers-bokhoringkie (D. purpurea) jakkalsmagriet, (Dicoma zeyheri), bergbietou (Dimorphotheca jucunda), bloubietou (D. spectabilis),steenbokharpuis (Euryops peduncularus), Drakensberg-harpuis (E. tysonii), draaibossie (Felicia filifolia), gousblom (Gazania krebsiana), sierblommetjie (Geranium pulchrum) grootsierblommetjie (G. robustum, Hiltonmadeliefie (Gerbera aurantiaca), Barberton-madeliefie (G. jamesonii), tontelbossie (Haplocarpha scaposa), skynloodkruid (Hirpicium armerioides), kortblom-verfbossie (Jamesbrittenia breviflora), skinkblommietjie (Monsonia grandiflora), grasveldsalie (Salvia schlechteri), tongblaarsalie (Salvia radula), kruipsalie (Salvia repens), hoeveld-koringblommetjie (Scabiosa columbaria), skaapstekersalie (Rabdosiella calycina) hoeveld-slangbos (Stoebe vulgaris), blaavruggie (Tinnea galpinii), kwasbossie (Vernonia glabra), pers-sonsoekertjie (Vernonia hirsuta), groen-amarabossie (Vernonia oligocephala), Hemizygia subvelutinum, H. teucriifolia, Hemizygia transvaaalensis, (Lasiospermum bipinnatum), balderjan (Mentha longifolia), wortelblarmalva (Pelargonium bowkerii), skaapstekermalva (P. luridum), taaiblaarmalva (P. glutinosum), bosbokmalva (Pelargonium graveolens), rivierklokkies (Phygelius aequalis), Kaapse-rivierklokkies (P. capensis), herero-salie (Coleus hereroensis), stinkblaar (C. neochilus), gras-knolsalie (C. woodii) hoeveld-koringblommetjie (Scabiosa columbaria), wit-kerriebos (Sutera floribunda) hoeveld-langbeensalie (Syncolostemon marcranthus), blaasvruggie (Tinnea galpinii), pers-sonsoekertjie (Vernonia hiersuta), groot-klokkiesbossie (Wahlenbergia grandflora)
Grondbedekkers
Verkleurmannetjiesalie (Coleus mutabilis), mat-gousblom (Arctotis arctotoides), veldpatat (Commicarpus pentandrus), Vrystaatvygie (Delosperma cooperi), Lydenburg-vygie (D. lydenburgense), Lesotho-vygie (Delosperma nubigena), klipbokvygie (D. obtusum), wondertapyt (Dichondra micrantha), koenana (Diclis reptans), oortjies (Falkia oblonga), vrouebossie (Geranium incanum), afgrond-silwersewejaartjie (Helichrsum chionospaerum), duin-sewejaartjie (H. cymosum), molepelle (H. sutherlandii), geel-sewejaartjie (H. setosum), aanteelbontaalwy (Aloe greatheadii var sobolifera).
Vetplante
Bergaalwyn (Aloe arborescens), naalblaar-dwergaalyun (Aristaloe aristata), breeblaar grasaalwyn (Aloe boylei), groot-glasaalwyn (A. cooperi), sier-grasaalwyn (A. ecklonis), hoeveld-bontaalwyn (Aloe greatheadii), Polokwane-aalwyun (Aloe longibracteata), blou-kransaalwyn (Aloe mutabilis), spiraalaalwyn (A. polyphylla), Pretoria aalwyn (Aloe pretoriensis), Reitzaalwyn (A. retizii), kleinblomaalwyn (Aloe prinslooi), Drakensberg-vuurpylaalwyn (Aloiampelos striatula), aanteelaalwyn (Aloe zebrina), geelkatsert (Bulbine abyssinica), lintblaarkopieva (B. narcissolia), kopieva (Bulbine frutescens), honde-oorplakkie (Cotyledon orbiculata), vingerpol (Euphorbia clavrioides), bergvoetangel (E. aggregata), bergharpuis (Senecio barbertonicus), skildblaaraster (Seneio orbicularis) dwerg boomplakkie (Crassula sarcocaulis), swazie-plakkie (Crassula swaziensis), bergvingertjies (Senecio barbertonicus) berg-meelplakkie (Kalanchoe luciae)
Deel 5: Windmeultjies, silwerkwassies, tontelbossies, pers-sonsoekertjies, klokkiesbossies, wondertapyt en verkleurmannetjie-salie… Dis enkele van die plante inheems aan die Hoëveld wat plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel. In dié reeks oor inheemse plante help hy dorpenaars om hulle dorpe en streke met plaaslike inheemse bome en plante te vergroen en te verfraai.
Bolle, knolle en orgidee
Hoeveld-bloulelie (Agapanthus campanulatus), Mpuimalanga bloulelie (A. inapertus), Waterberg-bloulelie (Agapanthus coddii) blousuurkanol (Aristea woodii), kandelaargeldbeursie (Albuca nelsonii), graskuikens (Anthericum cooperi), spruit-suurkanol (Aristea angolensis), golfblaar-kandelaarblom (Brunsvigia undulata), groot-henenkuikens (Chlorophytum krookianum), Vaalrivierlelie (Crinum bulbispermum), graslelie (C. graminicolum), montbretia (Crocosmia aurea), bosmontbretia (C. paniculata), graskopieva (Bulbine abyssinica) lintblaar-kopieva (Bulbine narcissifolia), geelvuurlelie (Cyrtanthus breviflorus), rooi-vuurlelie (C. contractus), vlei-vuurlelei (C. tuckii), wit-grasklokkies (Dierama adelphicum), silwer-grasklokkies (D. argyreum), sier-grasklokkies (D. pendulum), krulkop, wilde-pynappel (Eucomis autumnalis), bont-pynappel (E. bicolor), berglelie (Galtonia candicans), pappegaai-swaardlelie (Gladiolus dalenii), klein-poeierkwas (Haemanthsu humilis), bergpoeierkwas (H. montanus), berg-aandblommetjie (Hesperantha baurii), Basoetoe-vuurpyl (Kniphofia causlecens), soldaat-vuurpyl (K. uvaria), vlei-vuurpyl (Kniphofia linearifolia), veelblom-graslelie (Ledebouria floribunda), blou-slangkop (Mervilla plumbea), vleitulp (Moraea huttonii), grootpienknerina (Nerina bowdenii), sterretjie (Rhodohypoxis baurii), rooikwas, bloedlelie (Scacoxus puniceus), rooi-rivierlelie (Schizostylis coccinea) Natalpypie (Watsonia densiflorus), rooitrompetter (Wastonia pillansii), wit-aronskelk, varkblom (Zantedeschia aethiopca), Sekukuni-aronskelk (Z. jucunda), Zantedescia pentlandii (Mapoglelie), gifbol (Boophone disticha), rivierlelsies (Crinum macowanii, C. bulbispermum), rooiblomaronskelk (Zantedescia rehmannii), rooirivierlelie (Hesperantha coccinea),
Orgidee hoeveld-moederkappie (Bonatea speciosa subsp. anteniffera), platkappie (Eulophia clavicornis), geel-platkappie (Eulophia cooperi), klipskeur-platkappie (Eulophia ovalis), langbeen-platkappie (Eulophia streptopetala), geelhoed-platkappie (E. welwitschiii).
Waterplante
Waterlelies (Nymphaea nouchalii), wateruintjies (Nymphoides indica), dwergpapirus (Cyperus prolifer), rivierpampoen (Gunnera perpensa), palinggras (Vallisneria spiralis).
Ornamentele grasse
Buffelsgras (Panicum dregeanum), Tamba-dekgras (Hyparrhenia tamba), tamboekiegras (Arundinella nepalensis), groot-tamboekiegras (Cymbopogon validus), Ruigtegras (Miscanthus capensis), Miscanthus junceus, muisgras (Meilinus repens), dekgras (Hyparrhenia hirta), Melinis nervigluma, riffelgras (Setaria megaphlla), Drakensbergbamboes (Thamnocalamus tessellatus), Rooigras (Themena triandra), bokbaardgras (Trachypogon spicatus)
Grasperke
Kweek (Cynodon bradleyi, C. dactylon), Floridagras (C. transvaalenisis) Digitaria diversinervis (Richmond & hubberd bent), kiekoejoe (Penisetum clandestinum).
Luister en kyk na vorige episodes
Inleidende artikels tot vergroening van jou dorp/streek:
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?
Inheemse plante vir die Bosveld en Laeveld bioom: