Waarom oorleef die ANC ondanks geldprobleme?


Die ANC se adjunksekretarisgeneraal, Jessie Duarte, het bevestig dat die regerende party finansiële probleme het.

Sy sê dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan skenkers wat hulle geldelike steun onttrek het ná die inwerkingtreding van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye op 1 April vanjaar. Duarte het tydens ‘n mediakonferensie ook gesuggereer dat daar moontlike administratiewe afleggings in die toekoms kan wees.

Ten spyte van geldelike probleme en politieke woelinge het die 100 jaar oue party egter nog nie ineengestort nie. Wat is die ANC se oorlewingstrategie, en is dit nog relevant?