Wat nou met Ace en kie?


Die ANC het sy sekretaris-generaal, Ace Magashule, amptelik geskors hangende die uitslag van sy korrupsiehofsaak.

Hy sal egter vir die duur van sy skorsing sy salaris en ander voordele ontvang. Die ANC sê in ‘n verklaring sy resolusie dat lede opsy moet staan, sal elke ses maande hersien word.

Hoe lyk die ANC se rekord om lede vir hulle dade en wandade verantwoordbaar te hou?

Luister na Praat Saam met Lynette Francis-Puren.