Dorpe: Is jy plunderaar, passiewe toeskouer of probleem-oplosser?


Hoe werk die proses om leierskap te ontwikkel en mense anders te laat dink oor probleem-oplossing? Is daar ’n ander manier van dink en doen as óf revolusionêr óf om Gods water oor Gods akker te laat loop? Is jy bloot ’n plunderaar of ’n passiewe toeskouer of is daar ’n ander manier van dinke en doen?, vra Marí Hudson.

My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om – weer of vir die eerste keer – model-dorpe te word.

Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG.
Dit word aangebied deur Marí Hudson.

Die gas vandag is Prof Deon Pretorius (deon@dpart.co.za), geaffilieer met die departement ontwikkelingstudies aan die Nelson Mandela Universiteit en besturende direkteur van Development Partners.

Luister na die deel 1 van die gesprek met Prof Pretorius:

Deel 2:
Die eerste stadium van die proses om ’n dorp en gemeenskap suksesvol te maak, verg baie geduld. Dit behels die verandering van gesindhede, nuwe maniere van probleemoplossing en ’n gesamentlike visie. Dan eers kan die groot ontwikkelingswerk in ’n gemeenskap begin. En as ’n dorp dán losstrek, sal almal verras wees.

Lees en luister ook na vorige episodes:

Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang

40 Dorpe besoek: hoe is verandering volhoubaar?

Onderstaande artikel bevat skakels na al die vorige episodes:

Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang