Bokmelk in sjampanjeglas op Wêreld melkdag


Haidee by Fairview se bokke

In 2020 het Suid-Afrikaanse melkuitvoere ‘n hoogtepunt van 460 miljoen liter aangeteken, ondanks Covid-19 inperkings.

Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir 28% van die melkproduksie in die land. Wat uitvoere betref, is die provinsie ‘n netto uitvoerder van melk en room.

Die uitvoer van melk en room het die afgelope tien jaar met ‘n gemiddelde groeikoers van 9% gegroei.  (Bron: Die Melkprodusente-organisasie Maart 2021)

Gister 1 Junie was Wêreld Melkdag en Haidee het gaan kuier by Fairview buite Paarl tussen die bokke.

Daar het sy selfs vir die eerste keer in haar lewe sommer bokmelk ook geproe. Dis nou ‘n meisie wat GLAD nie eens bokmelkkaas eet nie.