Dankbaarheidstrikke vir reën


Amore Bekker se gesprek met Antoinette Pienaar op RSG oor Carnavon se dankbaarheidstrikke het almal aan die praat. Die inisiatief om dankbaarheid vir die onlangse reën te betoon met ‘n strik kom van boervrou Riana Vermeulen van Agri Carnarvon. Dis onmiddellik deur die plaaslike gemeenskap werk van gemaak. Die resultaat is pragtige strikke op plaas heinings wat die landskap versier en bewusmaking van die droogte op sosiale media dryf.

Carnavon se dankbaarheidstrikke vir die onlangse reën.

Benewens haar welbekende liefde vir die Carnarvon streek en die mense se nederige geborgenheid, sien Antionette hoe hierdie gebaar van dankbaarheid deur ons alledaagse lewe kan versprei.

Klik hier om te luister na die potgooi van Amore se gesprek met Antoinette.

Amper so mooi soos die strikke was die onlangse reën op Loeriesfontein en Merweville.