Dokumentêr oor outisme: Ten spyte van…


Susan Boyle

Sir Anthony Hopkins

Courtney Love

Wat het Susan Boyle, Sir Anthony Hopkins en Courtney Love in gemeen?

Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die Outismespektrum.

Om iemand op die Outismespektrum te plaas, is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarnemings- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer.

Die eerste outis is 77 jaar gelede geidentifiseer en dit was ‘n skaars toestand. Vandag word een uit elke 33 kinders al iewers op die spektrum geplaas.

Ten spyte van, ‘n program oor outisme is saamgestel deur Johan Rademan. Luister Donderdagaand 16 September, kort na 20:00 na die program.

Luister hier na die volledige dokumentêr:

Prof Petrus de Vries, stigter van die Sentrum vir Outisme Navorsing (CARA) en Prof. van Kinder-en-Addolesente Psigiatrie aan die Universiteit van Kaapstad en werksaam by die Rooikruis Hospitaal

Prof Petrus de Vries, stigter van die sentrum vir outisme navorsing in Afrika (CARA) praat oor die 7 beginsels vir evaluering en van ‘n dekade gelede tot vandag is daar ingrypende wetenskaplike behandelingstegnieke wat baie hoop bring vir die integrasie van mense op die spektrum in die samelewing.

Annelies van Risjwijk by haar muur van suksesverhale by SNAP

Annalies van Risjwijk van SNAP (Special Needs And Parents) wat 22jr gelede met SNAP begin het, werk al 37 jaar lank met kinders wat soms as onopvoedbaar beskryf is deur o.a. proffesore en wat vandag uitblinkers in die samelewing is. Vroeë indentifikasie en behandeling (een-op-een tutoriale) is kernbelangrik om sukses te behaal.

Luister gerus na 2 kenners wat jou dalk net op die regte pad kan plaas met groot besluite in jou kleinding se lewe. ‘n Belangrike sleutel tot gedragsbepaling en waarneming sluit aan by Prof de Vries se 7 beginsels, wanneer Annelies praat oor die 7de skoolweek en die gepaardgaande sensoriese-oorlading.

 

Luister hier na bykomende inligting wat deur Prof De Vries gedeel is:

 

Vind meer uit oor outisme

Outisme: Die jongste feite

Slegs 10% van kinders op outisme-spektrum wel gediagnoseer