Donkerhoek, Nicola Hanekom se 1e radiodrama


Nicola Hanekom, wat vanjaar die Hertzogprys vir Drama gekry het, se eerste radiodrama Donkerhoek, kom op 18 November aan die beurt.

Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou.

Die spelers is June van Merch, Zenobia Kloppers, Charlton George, Frieda van den Heever, Anrich Herbst, André Samuels en Pieter van Zyl.

Waarskuwing: Nie vir sensitiewe luisteraars aanbeveel nie, weens taalgebruik en volwasse temas.

Dit is verhaal van familiegeheime, wraak en uiteindelik tog ook hoop.

Johan Rademan is in die regisseurstoel.

Charlton George, Zenobia Kloppers & June van Merch.

Anrich Herbst, Johan Rademan (regisseur) Frieda van den Heever.

Video: Johan Rademan laat Anrich Herbst, Charlton George en André Samuels vuur dood slaan in Donkerhoek

Video: Selfs Tant Lien(June van Merch) moes help brand blus op Donkerhoek

Video: Frieda van den Heever toon haar staal in die Seepuntateljee met vure doodslaan in die RSG drama-ateljee.

Laaste drama van ons 2e seisoen