Totsiens Bekkige Buddy


Buddy by Lizma en sy ander honde-maat.

Ons is nog lank nie uitgekuier met Bekkige Buddy se avonture, insigte en wenke nie, maar Lizma van Zyl en Buddy se reis hier op RSG kom vandag ten einde, want Lizma en Buddy het ook ‘n afskeid van hulle eie om te neem…

Buddy was ‘n mishandelde straatbrak toe hy in Lizma se lewe gekom het en haar lewe verryk het.

Buddy (12) se milt is onlangs verwyder en toetse het getoon dat hy kanker het. Hy het sowat drie maande oor om te lewe.

Lizma wil hom die laaste deel van sy lewe so gemaklik en pynvry as moontlik maak. Sy sê dat hy en sy driebeen-hondemaat Lienka kan aanvoel dat iets verander het, en dat sy tyd saam met hulle min raak. Hy slaap nou by haar op die bed, en sy gesels baie met hom om hom gerus te stel.

Lizma wil nog soveel kere met Buddy in die berg gaan stap as wat hy voor kans sien, en die laaste weke deernisvol en privaat afskeid van haar honde-kameraad neem.

Lizma vertel self:

Kameraad Buddy

Buddy is op 12 hondejare al ‘n wyse gryse.

Lizma en Buddy

Luister na die gesprekke oor Bekkige Buddy (van die laaste tot die eerste)

Buddy in die kar

Dinsdag 22 Oktober 2019. Honde in motors is ‘n algemene gesig, maar hoe veilig is ons vierbeenvriende wanneer hulle saam met ons reis?

Dinsdag 15 Oktober 2019. Dit was ‘n moeilike week vir Lizma en Buddy, en die einde is nog nie in sig nie. Toe ons laas met hulle gesels het was dit net voor Buddy teater toe sou gaan om ‘n slagtand wat afgebreek het te laat verwyder.

Lizma en Buddy op ‘n duin

Dinsdag 8 Oktober 2019. Buddy is by die veearts met ‘n gebreekte tand.

Dinsdag 1 Oktober 2019. Lizma van Zyl vertel van Buddy se reis van mishandelde straatbrak tot hoof van die huis!

Buddy op die bank

Buddy en Lienka

Dinsdag 24 September 2019. Lizma van Zyl praat oor wat honde vir die mens beteken, en ook watter afdrukke Bekkige Buddy se pote op haar lewe en hart gemaak het.

Buddy bring sy leiband om te gaan stap.

‘n Jong Buddy op die plaas.

Dinsdag 17 September 2019. Lizma van Zyl sê spesifieke honde kom met ‘n spesifieke doel in ons lewe.

‘n Jong Buddy op die stoep.

Dinsdag 10 September 2019. Lizma van Zyl vertel hoe haar hond, Buddy, nie net’n vriend is nie, maar ook die katalisator was vir baie van haar mees kosbare vriendskappe.
Dinsdag 3 September 2019. Lizma van Zyl gesels oor lekker dinge om hierdie tyd van die jaar saam met jou hond te doen.

Bekkige Buddy

Dinsdag 27 Augustus 2019. Lizma van Zyl praat oor honde se grootste plesiere. Wat doen mense waaroor honde mal is?

Dinsdag 20 Augustus 2019. Lizma van Zyl praat oor wat mense by honde kan leer.
Dinsdag 13 Augustus 2019. Lizma van Zyl gesels oor hoe jou hond met jou praat.
Dinsdag 6 Augustus 2019. Lizma van Zyl en haar hond, Buddy, leer ons meer van die verhouding tussen mens en dier.

https://web.facebook.com/BekkigeBuddy/?_rdc=1&_rdr