Ons is nie almal só nie, ons wil sáám opbou


Cloud Jovuka in sy restaurant, die Kilimandjaro African Cuisine Restaurant in Nomanthamsanqa op Addo.

In dié episode van My Mooi Dorp staan Mari Hudson net ’n oomblik stil ná die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal, en skep moed uit boodskappe van voormalige opstokers en onrusmakers wat nou anders dink oor probleemoplossing.

Theo Bezuidenhout, die kopskuiwer van die vallei

Ons is nie almal só nie. Inteendeel, die meerderheid van ons mense het dieselfde mooi drome vir ons kinders.

Kan hierdie gebeure JUIS tot nuwe her-opbou, samewerking, insluiting en mede-verantwoordbaarheid in ons dorpe en ons land lei?

Luister elke Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG.

Luister na die vorige episodes:

40 Dorpe besoek: hoe is verandering volhoubaar?

 

Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang