Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld
Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdier-diversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, kraanvoëlblomme, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing.
Dis enkele van die plante inheems aan die Oos-Kaapse Ruigteveld wat plantkundige Dr Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel om mooi tuine in dié gebied te vestig.
Luister hier na deel1 van die Ruigteveld:
Groot gedeeltes van die Oos-Kaap, asook die droë riviervalleie in die oostelike deel van die Wes Kaap staan bekend as ruigteveld of vallei-bosveld. Dit sluit die volgende bekende dorpe in; Ghweberha (Baai), Uitenhage, Hankey, Patensie, Enon, Oos London, Port Alfred, Addo, Kirkwood, ook Jansenville en dele van Graaff-Reinet en Somerset-Oos. Dit is n deel gewoonlik geassosieer met droë riviervalleie en met kenmerkende digte ruigtes. Die ondeurdringbare ruigtes het gelei tot die bewaring van die Addo olifante.
Klimaat
Meer gematig, gewoonlik met ligte ryp of rypvry maar die binnelandse dele van die Groot Karoo streek waar ook van die digte ruigtes voorkom kry soms ligte ryp- en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is vertrapping en beweiding deur groot soogdiere en ander kleiner soos skilpaaie. Tewens, histories het dit die grootste konsentrasie soogdierdiversiteit per vk km in ons land. Die eidresultaat is ‘n digte ruigte wat by versteuring van wild goed aangepas is. Die klimaat is sonnig, winters koeler. Wat die deel so besonders maak, is sy soms onvoorspelbaarheid, en alhoewel reënval meestal regdeur die jaar 250-500 m per jaar, soms met lang droogtes of met tye van baie reën en vloede. Die winterreën kom met siklonale koue fronte en somers tipiese donderweer. Histories was die dele met baie grootwild, die ruigtes tot so 3-4 m hoog en dan ook met groter bome tussen-in.
Die natuurlike plante in die deel se langtermyn evolusionêre reaksie is gewoonlik 3 strategieë. Gepantser met dorings, of giftige sap, passiewe weerstand of kamoeflering. Maar is baie goed aangepas.
Spekboom is n baie belangrike komponent en oral in die ruigtes teenwoordig. Hulle het sagte blare en stingels en eetbaar en kan as n pionier gesien word wat maklik vestig en versprei.
Dink maar aan spekboomveld en hoe groot bydrae spekboom nie lewer nie.
Internasionale bydra van die wereld se gewildste huisplante is van hierdie omgewing afkomstig,
Dink maar aan die malva (Pelargonium, zonale, P. inquinans en P. peltatum) asook die hen-en-kuikens (Chlorophytum comosum). Ander van die omgwing met internasionale bydra sluit in Kerkei (Crassula ovata) kleinkerkei, (Crassula tetragona subsp. rorbusta), rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), Senecio angulatus, Senecio macroglossus, bokballetjies (Senecio rowleyanus) en die mooi bont-ui (Ledebouria socialis). Tierbekvygies (Faucaria tigrina), rooi aptenia (Aptenia cordifolia) wit-poeierkwas (Haemanthus albiflos), Coleus madagascariensis, dink ook aan syselbos (Plumbago auriculata). Die kraanvoelblomme soos gewone kraanvoel (Strelitzia reginae) en die biessiekraanvoelblom (Strelitzia juncea)
Ryk plantdiversiteit veral vetplante
Struktuur:
Plantegroei bestaan meestal uit ’n digte groot doringagtige struiklaag en openings tussen in. In ons tuine kan ons dus oop dele uitbeeld met die aanskoulikste van sy mooi struike bome en vetplante, bol, gras, meerjariges ens. en kan as heinings van die doringagtige struik eens aanplant.
Vestiging en grond baie belangrik
Van klei tot kleileem tot sanderige dele. Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend. Geologie is uiteenlopend, maak gebruik van plaaslike rotssoorte hetsy sandsteen, graniet, doloriet of dolomiet.
Vestiging: Pioniers: vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo). Die spekboom (Portulacaria afra) is die belangrikste element. Dit kan in massas aangeplant word in is self onderhoudend na vestiging.
Daar is soveel onderskeie vorms van die spekboom soos plantgroeiende kultivars wat as grondbedekkers gebruik kan word. Ander vinniggroeiende pioners sluit in die syselbos (Plumbago auriculata), harpuisbossoorte (Euryops spathaceus, E. chrysanthemoides, E. virgineus), geelkeur (Calpurnea aurea) en Othonna triplinervia. Die septemberbossie (Polygala myrtifolia) en die persbesem (P. virgata). Van die 2 suurvysoorte is ghaukum (Carpobrotus deliciosus) met mooi pienk blomme en gewone suurvy (C. edulis) die beste keuse.
Die aalwyn-kopieva (Bulbine latifolia) met aalwyngatige blare en ritste fyn geel blommetjies die regte keuse. Ook die gewone kopieva (Bulbine frutescens). Ander vinnige vygies sluit in Malephora lutea, Glottiphyllum spp., Delospema spesies.
Luister hier na deel 2:
Bome
Daar is sommer n lywige groep bome wat hier natuurlik groei. Twee wat ek wil uitlig heet die Kaapse kransesseboom (Atalaya capensis) die buigmy nie (Smellophyllum capensis) en die Kaapse sterkastaiing (Sterculia alexandrii), Olien (Olea europaea subsp. africana), basterolien (Buddleja saligna), witstinkhout (Celtis africana), doringkaree (Searsia longispina), taaibos (Searsia pyroides), gamtoos-kiepersol (Cussonia gamtooesensis), katdoring (Scutia myrtina), haakdoring (Acacia caffra), veldvy (Ficus burtt-davyi), Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), Kaapse Vaderlandswilg (Combretum caffrum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), ook baie mooi die Kei- baakhoutbome (Greyia flannaganii). Ook knoppieshout (Xanthoxylon capensis), kei-appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus). Die rivierblompeer (Dombeya cymosa). Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum) ook n mooi groot immergroen boom met n ronde kruin. Die nieshout (Ptaeroxylons obliquum) koeboebessie (Mystorxylon aethiopicum), Oos Kaap witgat (Boschia oleoides), Rooistamkanniedood (Commiphora harveyi), boerboon (Schotia brachypetala) Kaapse koraalbom (E. caffra), Tierhout (Loxostylis alata), en die taaibos (Searsia pyroides).
Bome met argitektoniese vorms
Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), doring of bloubroodboom (Encephalartos horridus), vallei-doringbroodboom (E. trispinosus). Die groter OosKaap-broodboom (E. altensteinii), vlaktebroodboom (E. arenarius), krulblaarbroodboom (E. latifrons), fynbosbroodboom (E. longifolius), karoobroodboom (E. lehamannii), kei-broodboom (E. princeps). Groter aalwyne sluit in die fransaalwyn (Aloe pluridens), slaphoringaalwyn (Aloe speciosa), Uitenhage-aalwyn (Aloe africana) bitter-aalwyn (Aloe ferox), gamtooskiepersol (Cussonia gamtoosensis), bosveldkiepersol (Cussonia spicata), olifantsvoet (Dioscorea elephantipes), ook die verkillende noors of naboomsoorte soos die riviernaboom (Euphorbia triangularis), E. curvirama, noors (Euphorbia ledienii, E. ), swartdoringnoors (E. atrispina), E. polygona, E. horrida, E. heptagona, groottandnoors (Euphorbia grandidens) en die vaalnoors (E. tetragona).
Deel 3 oor die meerjariges en struike, grondbedekkers, bolle, knolle en orgideë en waterplante is vandag om 3 nm op RSG te hoor. Ons hoor ook die jongste inligting oor die staking by Kirkwood.
Struike
Spekboom (Portulacaria afra) en kerkei (crassula ovata), Syselbos (Plumbago auriculata), Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis), geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), stokroos (Anisodontea jullii), balbossie (Gomphocarpus physocarpa), steenbokmelkbos (Gomphostigma fruticosa), bergkatbos ( Asparagus laricinus), rivierkatbos (Ä. virgatus), lemoendoring (Cassinopsis ilicifolia), deurmekaarbos (Ehretia rigida), noemnoem (Carissa bispinosa), Jakkalsbos (Diospyros austro-africana), berg-swartbas (D. scarbrida), ystertoppies (Dodonaea viscosa), hardeblaar gwarrie (Eulea divinorum), bloughwarrie (E. crispa), harpuismagriet (Euryops chrysanthemodies), kruisbessie (Grewia occidentalis), karoo-kruisbessie (Grewia robusta), wilde-dagga (Leontis leonorus), klokkies-pendoring (Gymnosporia tenuispina), geelgranaat (Rhigozum obovatum), wildevlier (Nuxia congesta), septemberbossie (Polygala myrtifolia), witkershout (Pterocelasturs echinatus), kankerbossie (Sutherlandia frutescens). Die grootplakkie (Cotyledon velutina) word om en by 3 soms to 4 m hoog, die grootste Cotyledon soort in die wêreld. Ranksaffraan (Lauridia tetragona), speldedoring (Azima tetracantha), kleinblaar gwarrie (Euclea undulata) Slangbessie (Lycium ferocissimum), Nahoon sonbekkiebos (Metarungia galpinii), stokmalva (Pelargonium tetragonum), valspendoring (Putterlickiai pyracantha), vygieharpuis (Curio ficoides) en die dassieharpuis (C. talinoides).
Rank en klimplante
Kei-beesklou (Bauhinia bowkerii), rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), haaksoring aspersie (Asparagus racemosus), Boesmanpyp (Ceropegia ampliata), Slanghapie (Ceropegia stapeliiformis), rankplakkie Cotyedon adscendens), rank kiepersol (Cussonia thyrsiflora), droog-my keel (Cyphostemma cirrhozim), olifantsvoet (Dioscorea elephantipes) kambro (Fockea edulis), wildejasmyn (Jasminum angulare), klimop (Clematis brachiata), spantou (Cynanchum viminale), rankmalfa (Pelargonium peltatum), slangpatat (Petopentia natalensis), Slingermagriet (Senecio macroglossus), Syselbos (Plumbago auriculata) en Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis). Laasgenoemde twee ook genoem ook as struik by die struike.
Meerjariges en ander kruidagte struike
Die ruigteplantegroei veral bekend vir sy onderskeie malvasoorte soos bv die rooimalva (Pelargonium inquinans), bontblaarmalva (Pelargonium zonale). Laasgenoemde twee eintlik struike. Dan is daar die kleiner soorte soos die pepirment malva (Pelargonium tomentosum), Kougamalva (P. acetosum), P. acraeum (bosmalva), hartblaarmalva (Pelargonium cordifolium), taaiblaarmalva (P. glutinosum), bosbokmalva (Pelargonium graveolens), rankcoleus (Coleus madagascariensis), stinkblaar (C. neochilus), aarblomcoleus bergcoleus (Coleus montanus), perscoleus (Coleus spicatus), Nama salie (Salvia namaensis, S. runcinata), S. schlechteri, klipsalie (Aeollanthus parvifolius), harige-klipsalie (A. buchnerianus), Vergeet my niet (Anchusa capensis), Jakkalsdoring (Blepharis capensis), wit-disseldoring (Dimorphoteca zeyheri) vaalsambreeltjie (Felicia erigerioides) draaibossie (Felicia filifolia) rooigousblom (Gazania krebsiana), bloublommetjie (Barleria obtusa), bokhoringkie (D. purpurea) jakkalsmagriet, (Dicoma zeyheri), bergbietou (Dimorphotheca jucunda), bloubietou (D. spectabilis), steenbokharpuis (Euryops peduncularus), Drakensberg-harpuis (E. tysonii), draaibossie (Felicia filifolia), gousblom (Gazania krebsiana), sierblommetjie (Geranium pulchrum) grootsierblommetjie (G. robustum, Hiltonmadeliefie (Gerbera aurantiaca), Barberton-madeliefie (grasveldsalie (Salvia schlechteri), kruipsalie (Salvia repens), veerblaarsalie (Saliva runcinata)., koringblommetjie (Scabiosa columbaria), balderjan (Mentha longifolia), kus-sewejaartjie (Helichrysum cymosum) Asparagus densiflorus, geel poprosie (Harmannia saccifera), kus botterblom (Gazania rigens), hen-en-kuikens (Chlorophytum comosum).
Grondbedekkers
Mat gousblom (Arctotis arctotoides), druiweblaaraster (Crassothonna capensis), rankmagriet (Osteospermum fruiticosum), kusmalva (Pelargonium capitatum). wondertapyt (Dichondra micrantha), brakvygie (Aptenia cordifolia), koenana (Diclis reptans), oortjies (Falkia oblonga), vrouebossie (Geranium incanum), duin-sewejaartjie (H. cymosum), molepelle (H. sutherlandii), bosplakkie (Crassula multicava), skindersalie (Plectranthus verticillatus), katstert aspersie (Asparagus densiflorus)
Vetplante
Bitteraalwyn (Aloe ferox), Aloe Africana, koraalaalwyn (Aloe striata), Aloiapmapelos tidmarshii, A. tenuior, A. gracilis. Onderskeie kleiner noors soos eselkos Euphorbia meloformis en ander. Groter soorte sluit in die noors (Euphorbia ledienii, E. coerulenscens), Euphorbia horrida, E. polygona, beestongsoorte soos Gasteria excelsa, G. bicolor, G. pulchra, G. liliputana.
Bolle, knolle en orgidee
Bloulelie (Agapanthus praecox), morganbaai -geldbeursie (Albuca batteniana), (Aristea woodii), kandelaargeldbeursie (Albuca nelsonii), kandelaar-geldbeursie (Albuca nelsonii), koranalelie (Ammocharis coranica), blousteller (Aristea ecklonii), groot-kandelaarblom (Brunsvigia grandiflora), montbretia (Crocosmia aurea), swangerui (Albuca bracteata).
Waterplante
Waterlelies (Nymphaea nouchalii), wateruintjies (Nymphoides indica), rivierpampoen (Gunnera perpensa), palinggras (Vallisneria spiralis), klawervaring (Marsilea schellpeana).
Ornamentele grasse
Buffelsgras (Panicum dregeanum).
Grasperke
Kweek (Cynodon bradleyi, C. dactylon), kiekoejoe (Penisetum clandestinum).
Lees en luister na die aspekte en streke wat ons reeds bespreek het:
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?