Die feesprogram vir ons 85 jaar vieringe

Die feesvieringe rondom 85 Jaar van Afrikaanse Radio gaan regdeur Oktober op lug aangebied word met ‘n verskeidenheid van musiek, drama, dokkies en selfs kompetisies vir RSG se luisteraars.

Afrikaanse radio vier sy 85ste verjaardag op Donderdag 27 Oktober en daardie aand word ‘n splinternuwe opdragdrama deur die bekroonde dramaturg Lee Doubell om 20:00 uitgesaai. June van Merch vertolk die hoofrol in Sou die sterre luister met Johan Rademan as die regisseur.

Hier is die volledige program:

Saterdag 1 Oktober

10:00 – 11:00: Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste tel die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar af.

Terrance April

11:00 – 11:45: Terrance April bied sy reeks Die magiese mikrofoon aan. April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades se program-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte.

In die eerste aflewering van Magiese Mikrofoon, waarin 85 jaar van uitsaai op radio gedenk word, val die klem op kinder- en jeugprogramme. Wie onthou nog die pittighede van die jong luisteraars wat baie fluks in Wiegwoorde vrae beantwoord en dikwels lustig saam gesing het. Susan Voormolen het talle plekke in die land besoek waar sy met die jongklomp gesels het, soos n groepie kinders langs die Weskus. Siembamba was deur die jare ‘n huishoudelike naam in uitsaai. Talle stories is vertel en dikwels het karaktertjies soos Otterjasie en Doepels ook ingeloer. Tannie Maud Baie was baie gewild onder die jonger luisteraars in Proteaklub. Vir die ouer kinders het Jongspanateljee vir gróót vermaak gesorg. Daar het talle kinders kom vertel oor hulle doen en late en ook soms ‘n liedjie of twee gesing. Tienerateljee was hoofsaaklik vir hoërskoolleerlinge bedoel. Verskillende gaste het kom gesels oor ‘n magdom onderwerpe soos loopbane, gebeure van die dag en dikwels het hierdie jongmense ook kans gekry om te wys wat in hulle steek deur heerlik musiek te maak of om allerlei vrae vir gaste te vra. Verna Vels se Liewe Heksie was seker een van die gewildste reekse op radio, en later ook op televisie. Verna het self die tekste geskryf en die verskillende rolle in die produsies gespeel. Jakkals en Wolf stories is ook deel van ons luistererfenis. Nie net is die verhale op radio voorgelees nie, maar ook dikwels gedramatiseer.

Woensdag 5 Oktober

21:20: Ina Strydom skuif reg vir die Reuse van Radio. Wie was die gewilde, bekende en tydlose omroepers sedert Afrikaanse radio in 1937 sy eerste treë gegee het?

Audrey Blignault

WA de Klerk

Dolf van Niekerk

Die fokus val op drie bekende skrywers wat in die vroeë dae van radio as omroepers en programmakers gewerk het: WA de Klerk, Audrey Blignault en Dolf van Niekerk.

Saterdag 8 Oktober

10:00 – 11:00: Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste tel elke Saterdagoggend tussen 10:00 en 11:00 die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar af.

11:00 – 11:45: Terrance April bied sy reeks Die magiese mikrofoon aan. April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades se program-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte.

Esme Euvrard

In die tweede aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op joernaalprogramme. Uittreksels uit programme soos HOSPIAALTYD en SO MAAK MENS, wat eers op Springbok Radio uitgesaai is, maar later na die Afrikaanse Diens van die SAUK oorgeskuif het. Geliefde stemme was dié van Dulcie van den Bergh, Esme Euverard en Jan Cronjé. In die dae van apartheid was daar maar min geleenthede vir Bruin Afrikaanssprekende aanbieders. Die eerste program wat op die Bruin luisteraars gefokus het, was PROTEAKLUB, waarin raad vir die dames gegee is, asook vertellings deur lede uit verskillende gemeenskappe, soos die vissers van Kalkbaai. VROUERUBRIEK het destyds slegs as ‘n rubriek op radio begin. Audrey Bilgnaut was aan die stuur van sake. Die kort insetsel het later gegroei tot ‘n volwaardige weeklikse program, en nog later ‘n daaglikse program. Aanbieders soos Monica Breedt en Verna Vels het hulle merk hier gemaak. Die kunste het al van vroeg af aandag op radio geniet. IN DIE VOORPORTAAL was een van die eerste programme wat die uitvoerende en beelde kunste belig het. Verskeie aanbieders het deur die jare die program aangebied, met medewerkers oral in die land. Storievertel en die oordra van staaltjies deur luisteraars en bekende persoonlikhede was ook baie gewild. Een van die programme waar dié soort uitsaaimateriaal voorgekom het, was OM DIE KAMPVUUR. In hierdie aflewering vertel Oudregter Tienie Steyn ‘n lekker spookstorie!

Woensdag 12 Oktober

Dr Gideon Roos

21:20: Ina Strydom skuif reg vir die Reuse van Radio. Wie was die gewilde, bekende en tydlose omroepers sedert Afrikaanse radio in 1937 sy eerste treë gegee het?
Gideon Roos en Douglas Fuchs het albei by die Afrikaanse radiodiens begin werk in die vroeë jare dertig, en albei het hulle loopbane by die SAUK afgeluit as direkteur-generaal. Hulle vertel van die begindae, die struikelblokke wat daar was, maar veral die ywer en die passie waarmee hulle Afrikaanse radio gebou het.

Saterdag 15 Oktober

10:00 – 11:00: Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste tel elke Saterdagoggend tussen 10:00 en 11:00 die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar af.

11:00 – 11:45: Terrance April bied sy reeks Die magiese mikrofoon aan. April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades se program-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte.

Margot Luyt

Dine van Zyl

In die derde aflewering val die klem op hoorbeelde, dokumentêre programme en profiele. Uit die magdom van materiaal in dié genre wat in die klankargief van die SAUK beskikbaar is, kan jy luister na ‘n klankskets van die gebeure toe die magtige Titanic destyds gesink het. Anton Smith neem ons op ‘n verbeeldingsvaart met sy vertelling, asook enkele gedramatiseerde dele en gepaste musiek wat die tragiese gebeure vasvat. Twee soorte randfigure se lewe word ook uitgebeeld: dié van ‘n prostituut en die web waarin sy vasgevang is, en die Downsindroomkind, wat met sy gestremdheid tog liefde uitstraal. Die hoorbeeld, MY NAAM IS ELLA is destyds deur Dine van Zyl saamgestel en DIE HEMELKINDERS het vir luisteraars ‘n heel ander sy van Fanus Rautenbach gewys. Margot Luyt het destyds ‘n profiel gedoen oor Athol Fugard, ons grootste dramaturg van die 20e eeu. Fugard gesels oor sy iefde vir die teater – hy was dramaturg, speler en regisseur asook sy uitbeeldings van die lewe vanuit ‘n eg Suid-Afrikaanse perspektief. Kunstenaars soos John Kani, Sandra Prinsloo en Ross Devenish gee hul indrukke. Anton Rupert het min onderhoude tydens sy lewe toegestaan, maar Mariska Spoormaker het die voorreg gehad om met hierdie groot denker en sakeman te gesels oor medebestaan, en bewaring. Die laaste uittreksel is Freek Robinson se dokumentêre program oor Nelson Mandela en sy liefde vir en verhouding met Afrikaans. Mandela lewer ‘n toespraak in Afrikaans, en talle persone wat met hom te doen gehad het, getuig van die spesiale verhouding wat hy met Afrikaans gehad het.

Maandag 17 Oktober
09:00 – 11:30: In Alhoebekker kan luisteraars inskakel vir Raar maar waar. Dit is ‘n kompetisie waarin luisteraars na argiefmateriaal gaan luister en dan moet raai watter geskiedkundige moment van die afgelope 85 jaar dit is.

Dinsdag 18 Oktober

Woensdag 19 Oktober

21:20: Elke Woensdagaand om 21:20 skuif Ina Strydom reg vir die Reuse van Radio. Wie was die gewilde, bekende en tydlose omroepers sedert Afrikaanse radio in 1937 sy eerste treë gegee het?

Anna Neethling-Pohl

Anna Neethling-Pohl was nie net ‘n bekende aktrise en stemkunstenaar nie, maar ook een van die pioniers van Afrikaanse radio as omroeper, programmaker en regisseur. Jan Schutte was nie net die skrywer van die Du Plooys van Soetmelksvlei nie, maar ook regisseur, programmaker en sanger – en hy het sy loopbaan afgesluit as direkteur-generaal van die SAUK.

Donderdag 20 Oktober
09:00 – 11:30: In Alhoebekker kan luisteraars inskakel vir Raar maar waar. Dit is ‘n kompetisie waarin luisteraars na argiefmateriaal gaan luister en dan moet raai watter geskiedkundige moment van die afgelope 85 jaar dit is.

Vrydag 21 Oktober

Saterdag 22 Oktober

10:00 – 11:00: Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste gaan elke Saterdagoggend tussen 10:00 en 11:00 die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar aftel.

Fritz Klaaste

11:00 – 11:45: Terrance April bied sy reeks Die magiese mikrofoon aan. April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades se program-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte.

Woensdag 26 Oktober

21:20: Elke Woensdagaand om 21:20 skuif Ina Strydom reg vir die Reuse van Radio. Wie was die gewilde, bekende en tydlose omroepers sedert Afrikaanse radio in 1937 sy eerste treë gegee het?

In die laaste aflewering kom Monica Breedt, Verna Vels en Fanus Rautenbach in die kollig.

Donderdag 27 Oktober

15:00 – 18:00: In Spitstyd met Willem Pelser gaan die gewilde Skote Petoors herleef. Skote Petoors (ook op TV as Dis my geheim) bied aan luisteraars die kans om ‘n inbeller se loopbaan en daaglikse werk te raai.

20:00 – 20:30: ‘n Splinternuwe opdragdrama deur die bekroonde dramaturg Lee Doubell om 20:00 uitgesaai. June van Merch vertolk die hoofrol in Sou die sterre luister met Johan Rademan as die regisseur.

Saterdag 29 Oktober

10:00 – 11:00: Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste gaan elke Saterdagoggend tussen 10:00 en 11:00 die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar aftel.

11:00 – 11:45: Terrance April bied sy reeks Die magiese mikrofoon aan. April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades se program-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte.

In die laaste aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op sportgeleenthede wat deur ons top sportkommentators beskryf is. Daar is die trotse oomblikke toe drieë deur ons voorste rugbyspelers gedruk is, soos Syd Nomis, Chester Williams, Breyton Paulse en Frik du Preez. Ons hoor ook van die laaste oomblikke van die titaniese stryd op die tennisbaan toe Suid-Afrika die eerste en enigste keer die Federasiebeker gewen het. Van die atlete wie se glorieryke oomblikke vasgevang is in klank, is Fanie van Zyl, Hezekiel Sepeng, Elana Meyer en Marius Corbitt. Jy sal ook kan luister na grepe uit die eerste Springboktoets vir vroue; oorwinnings in die swembad deur Penny Heyns en Karin Muir; en die Pollock broers en Barry Richards sorg vir trotse oomblikke. Gary Player praat oor die belangrikheid van sport in Suid-Afrika, en daar is die uitsonderlike oomblikke in die kleedkamer toe afrigter Johan Claasen die Springbokspan toespreek na afloop van ‘n grootse oorwinning tydens die onoorwonne Boktoer in Australië.

Eddie Clayton

20:00:  ‘n Regstreekse konsert van U Eie Keuse vanuit die SABC se M1-Ouditorium in Auckland Park. Hierdie luisterryke en bykans twee uur lange konsert word moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting. Die konsert, wat om 20:00 sal begin, word aangebied deur Willem Pelser en sal bestaan uit die gewildste versoeke van RSG se luisteraars.

https://www.rsgplus.org/regstreekse-konsert-die-hoogtepunt-van-verjaardagvieringe/

https://www.rsgplus.org/afrikaanse-radio-word-85-jr-oud-ons-maak-reg-vir-groot-feesvieringe-in-oktober/