Dorpe: Sitrusboere help só


My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om weer – of vir die eerste keer – model-dorpe te word.

In vandag se program stel Mari Hudson julle voor aan ’n sakeman van Kirkwood en ons hoor wat die sitrusboere van die Sondagsriviervallei doen, en dit is veel meer as om rioolpompe in stand te hou. As ‘n mens die probleme en die onderliggende oorsake verstaan, kan die gemeenskap saam die oplossings vind.

Luister hier na My Mooi Dorp op RSG, en kom sit saam met ons die bal aan die rol in jou eie dorp:

Dorpe: Ontmoet Kirkwood

Hulp vir dorpe met waterprobleme

Goeiedag,
Hoop dit gaan goed met die span.
Maskam Water het na die uitsending van Ons Mooi Dorp geluister, en ons bied ons advies en raad vir enige gemeenskap, wat sukkel met water en rioolprobleme aan verniet.
Gerhard Cronje, ons Hoof Uitvoerende Beampte het ‘n passie vir ons waterbronne en gemeenskappe, en hy glo dat ons ‘n verskil kan maak deur herwinning.
Ons bied ook geleenthede aan vir gemeenskappe om hulself te bemagtig, deur gebruik te maak van plaaslike verskaffers om ons sisteme en produkte te installeer, asook om hul die geleentheid te gee om hul besighede te groei, deur herverkopers en handelaars te word van Maskam Water.
Daarom is ons beskikbaar om te help in enige dorp/gemeenskap wat ons raad en/of advies nodig het vir water en rioolprobleme vir julle program.
Ons kan ‘n virtuele vergadering opstel om verder te gesels.  Laat my weet wanneer die span sal pas, en dan kan ons skeduleer.
Maskam Groete,