Luister weer na Troufoto’s


Karin du Toit

RSG se radioteaterseisoen open op 6 April met die wenner van die merieteprys in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie, Troufoto’s, deur Karin du Toit, die merietepryswenner van die RSG Radiodramaskryfkompetisie van 2022.

Die storie
Dit vertel die verhaal van Tersia en Leon wat op vakansie is in Amsterdam. Dan sien hulle iemand wat op ‘n druppel water lyk na hulle vriendin Nadia se oorlede man.

Tersia dring daarop aan om ondersoek in te stel – én vir Nadia te laat weet. Dan besluit Nadia om self Amsterdam toe te kom en self agter die kap van die byl te kom.

Maar alles is nie soos wat dit lyk nie…. Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie voorkom. Maar iets is nie pluis nie… Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Daarom is nadere inspeksie nodig.

Die regisseursvisie
Die regisseur, Leon van Nierop, het die drama benader as ‘n geheimsinnige donker komedie. “Natuurlik is nie alles snaaks nie, maar die wilde draaie wat die storie gooi, die verrassende kinkels, en die karakters se onverwagse optrede, het die regie beïnvloed. Selfs die musiek, dikwels lig-komiese, maar ook dramatiese musiek, het die styl beïnvloed,”  sê hy.

Die spelers en karakters
Die spelers wat gehoor kan word is:
Lelia Etsebeth (Tersia),
Kaz McFadden (Leon),
Stefan Vermaak (Pieter/Ruben)
en Renske Jacobs (Nadia).

Lelia Etsebeth, Stefan Vermaak, Renske Jacobs en Kaz McFadden.

 

Lelia Etsebeth, Stefan Vermaak; en agter: Kaz McFadden

Veelkleurige lappieskombers in die eerste dramaseisoen!

 

Geluk aan ons Radiodrama-wenners!