Laaste 3 radiodramas van dié seisoen sluit verrassings in


Die eerste dramaseisoen van 2023 nader sy einde, maar uitstekende radioteater is nog tot einde Junie te hoor op ‘n Donderdagaand net ná agtuur.

Kyk waarna jy nog kan uitsien!

(Die uitgesaaide dramas met skakels na die potgooie is onderaan die bladsy)

 

Chris Madjiedt

8 Junie: Slang in die gras deur Chris Madjiedt. Argiefdrama.

Joe Kleynhans

15 Junie: Die Kompetisie deur Joe Kleinhans, bekende radioverhaalskrywer.

 

22 Junie: Agulasvlakte, deur Herchelle Benjamin.
Die bekroonde regisseur, Johan Rademan voer die radioverwerking op.

Ilne Fourie

29 Junie: Laerskool Noord deur Ilne Fourie.

En dan eindig die eerste radioteaterseisoen op ‘n vrolike noot met die verwerking van dié toneelstuk.

Die onderstaande dramas is reeds uitgesaai en die potgooie is beskikbaar:

6 April: Troufoto’s deur Karin du Toit. Merietepryswenner
Die regie word behartig deur Leon van Nierop.

‘n Storie met ‘n kinkel in die kabel, wanneer die foto’s nie noodwendig die waarheid vertel nie.
Die storie: Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter. Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Wat is hier aan die gang?
Met Lelia Etsebeth, Kaz McFadden. Renske Jacobs en Stefan Vermaak. Die regisseur is Leon van Nierop. Wenner van die Merietetoekenning in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.

Lees meer en luister na die potgooi: https://www.rsgplus.org/luister-weer-na-troufotos/

Lees meer oor die wenners en wendramas: https://www.rsgplus.org/student-se-universele-gesinsdrama-wen-skryfkompetisie-2/

Alme Swart

13 April: Mot deur Almé Swart. Jong Skrywersprys.
Anrich Herbst is die regisseur van hierdie liefdesverhaal.
Mot, oftewel Mathilda, het ‘n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd ‘n buffer wees tussen Mot en haar huislike omstandighede nie. Dan ontdek Mot ‘n geroeste koekblik met sleutels en ‘n adres in. Sy en Liam besluit om te gaan uitvind wie se adres dit is, en hulle maak ‘n ontdekking wat albei se lewens verander.
Met Hanna Borthwick as Mot en Wessel Pretorius as Liam. Ander stemme wat gehoor word, is die van Ira Blanckenberg, Lee-Ann van Rooy en Nic de Jager.
Regie deur Anrich Herbst.

Lees meer en luister na die potgooi: https://www.rsgplus.org/jong-liefde-in-jeugwenner-se-radiodrama-besing/

Lees meer oor die wenners en wendramas: https://www.rsgplus.org/student-se-universele-gesinsdrama-wen-skryfkompetisie-2/

Adelle van Wyk

20 April: Die Vlek van Menswees, deur Adelle van Wyk, Sy het die derde plek verower met hierdie drama.
Dit word opgevoer deur Johny Klein.
Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is die vlek op ‘n mens se siel.
Die spelers is Mandi Baard, Shemane Harris, Karin Retief, Anton Dekker, Sulette Thompson, Rina Nienaber en Sue Pyler-Slabbert. Die drama het die derde plek verower in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.

Lees meer en luister na die potgooi: https://www.rsgplus.org/donker-drama-oor-menslike-swakheid-in-radioteater/

Lees meer oor die wenners en wendramas: https://www.rsgplus.org/student-se-universele-gesinsdrama-wen-skryfkompetisie-2/

Francois Bloemhof, die naaswenner

27 April: Vyftien minute van roem, deur Francois Bloemhof, ‘n bekende skrywer van volwasse en jeuglektuur.

Vyftien minute van roem is die naaswenneer in die 2022 Radiodrama-skryfkompetisie.
Die drama word in Kaapstad opgevoer deur Frieda van den Heever.

Die storie: Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot sangkompetisie gewen en is hipergewild. Nou doen Danie alles in sy vermoë om nét soos George te lyk en selfs op te tree. Hy begeer dieselfde graad van bekendheid en sukses. Hy sal egter gou agterkom hoe bedrieglik die vermaaklikheidswêreld is, en dat daar groot gevaar agter al die glans kan skuil.

Die akteurs is Adriaan Havenga, Pietie Beyers, Chloe van Rooyen, Roeline Daneel, Karli Heine en Erica Wessels.

Vyftien minute van roem is die naaswenneer in die 2022 Radiodrama-skryfkompetisie.

Lees meer oor die wenners en wendramas: https://www.rsgplus.org/student-se-universele-gesinsdrama-wen-skryfkompetisie-2/

Lee Doubell

4 Mei: Houvas deur Lee Doubell, bekende skrywer van radioverhale. Die wendrama.

Die regisseur is Renske Jacobs.
Lees meer oor die wenners en wendramas: https://www.rsgplus.org/student-se-universele-gesinsdrama-wen-skryfkompetisie-2/

Pieter Haasbroek

11 Mei: Hartseerherfs deur PJ Haasbroek. Argiefdrama.

Ter viering van PJ Haasbroek se 80ste verjaarsdag word sy drama uit die argief afgestof.

Lees meer oor die drama en luister na die potgooi: https://www.rsgplus.org/luister-donderdagaand-na-hartseerherfs-deur-pj-haasbroek/

 

18 Mei: En sorg tog mooi vir Buks deur William Oosthuizen. Finalis in die kompetisie.

Die veteraanregisseur Eben Cruywagen takel dié drama met ‘n groep geesdriftige amateurs in Durban.

Lees meer oor die drama en luister na die potgooi: https://www.rsgplus.org/moenie-die-aangrypende-drama-en-sorg-tog-mooi-vir-buks-misloop-nie/

25 Mei: Coligny Laer, deur Nisa Smit. Debuutdrama.

‘n Nuwe komedieskrywer is altyd ‘n vonds. Nisa Smit maak haar debuut. Dit word opgevoer deur Johny Klein.

Mandi Baard, Izel Bezuidenhout, Estel de Beer, Johny Klein, en Botha Enslin

Lees meer oor die drama: https://www.rsgplus.org/lughartige-komedie-in-radioteater/

 

Adriaan Havenga

1 Junie: Iewers in die grys, deur Adriaan Havenga, bekroonde skrywer.

Fiesta-bekroonde toneelstuk, word vir die radio verwerk en onder spelleiding van Frieda van den Heever opgevoer.
Lees meer oor die drama.