Raaiselkind: Hoe werk outisme?


Die rolprent Raaiselkind se tema is outisme.

Wat is die mediese feite oor outisme?

Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG na die onderhoud oor outisme.

Luister ook na die onderstaande gesprekke wat in Gesondheid op RSG verskyn het oor outisme.

Het jy geweet dat outisme aan die toeneem is? Of dat ouer pa’s ‘n groter kans het om ‘n outistiese kind te hê? Dat inentings NIE outisme veroorsaak nie? Dat behandeling ‘n kind wel kan help? Maar dat sommige behandelings wat in Suid-Afrika beskikbaar is, onder dié tel wat bewys is dat dit foefiebehandeling is. En dat swaarmetaal-chelasie-terapie ‘n kind kan doodmaak?

Agter elke siekte of simptoom, is daar mense. Ons praat weer met Professor Petrus de Vries oor outisme en ontmoet Franciska en haar seun Mark. Ek vind uit hoe simptome gestalte kry in regte mense, want die menslike deel kom altyd eerste.