Dobbel, dopamien en Parkinson se siekte

Dobbel, dopamien en Parkinson se siekte


Wat het dopamien, ‘n oordragstof in die brein, met Parkinson se siekte, wat gekenmerk word deur ‘n hand wat bewe of ‘n arm wat vreemd swaai, te doen?

Alles, sê die kenners, want Parkinson se siekte is die gevolg van ‘n tekort aan dopamien in die brein.

Maar dobbel kom ook in die prentjie.

Prof. Jonathan Carr, hoof van neurologie aan die Universiteit van Stellenbosch en by die Tygerberg Hospitaal, gesels in Gesondheid op RSG oor Parkinson se siekte en spesifiek oor die rol van dopamien in die brein.

Luister na Gesondheid op RSG Woensdag 29 Junie om 11.30 tot 12.00. As jy dié program misgeloop het, luister gerus hier na die program.
Die tweede aflewering is Woensdag 6 Julie 11.30 tot 12.00. Luister hier na dié volledige program

Wat weet ons in 2o16 van Parkinson se siekte?

  • Die siekte kan beskryf word as ‘n degeneratiewe siekte van die breinselle wat gewoonlik begin waar die rugmurg by die brein aansluit en dan stadig al hoër versprei en later oor die hele brein tot by die korteks, dus van diep binne die brein tot aan die buiterande.
  • Die siekte kom meestal voor in mense ouer as 50 jaar. Die presiese rede waarom die siekte begin, is nie bekend nie. In sowat 5% van gevalle speel genetiese faktore ‘n rol.
  • Die breinselle in die substantia nigra (swart stof) in die basale ganglia diep in die brein word beskadig en dan ontstaan ‘n tekort aan die oordragstof dopamien.
    Die substantia nigra is baie diep in die brein geleë

    Die substantia nigra is baie diep in die brein geleë

    Areas in die brein wat deur Parkinson se siekte geaffekteer word

    Areas in die brein wat deur Parkinson se siekte geaffekteer word

  • Dopamien is die oordragstof in vyf of meer areas van die brein.
  • Dit die oordragstof wat jou laat goed voel. In die basale ganglia van die brein, wat baie diep in die brein geleë is, is dopamien noodsaaklik vir gladde, onbewustelike motoriese aksie, dus met bewegings wat outomaties geword het, soos byvoorbeeld as jy lankal reeds fietsry en nie meer dink hoe om te trap en regop te bly nie, maar dit sommer vanself doen. Hoe meer bewegings outomaties word, hoe meer ruimte in die brein is oop of beskikbaar om nuwe take aan te leer.
  • As die oordragstof dopamien in die basale ganglia min word, kan die senuweeboodskappe nie maklik oorgedra word nie, en word dit moeilik om bewegings wat eens outomaties was – soos stap, skryf ens. – uit te voer.
    Post4_1
    4
  • Mense met Parkinson se siekte ontwikkel ‘n dopamien-tekort in die brein – nie net in die basale ganglia nie, maar uiteindelik in al die areas van die brein waar dopamien belangrik is as oordragstof en later tas dit ook die werking van ander oordragstowwe aan.
  • Die simptome sluit in beweging-stoornisse (bewing, rukkerige bewegings, arm wat nie saamswaai as jy stap nie) gewoonlik eers net aan die een kant van die liggaam, ‘n masker-gesig omdat die gesigspiere nie wil reageer nie, lelike handskrif ens.
    Die siekte en dus die simptome vererger algaande.
    parkinson
    Parkinsons-Clinical-features copy
    parkinsons-disease-5-638
  • Ernstige depressie is deel van die siekte weens die veranderings in breinselle en oordragstowwe, want die vlakke van serotonien en adrenalien (nog twee breinoordragstowwe buiten dopamien) verminder ook in die brein. Die depressie kan met antidepressante behandel word.
  • Sowat 10 tot 20 jaar voordat die motoriese of bewegingsimptome verskyn, is daar subtiele sensoriese simptome soos byvoorbeeld reuksin wat verander, hardlywigheid ens.
  • Die behandeling sluit in dopamien, maar die brein word later weerstandig teen die dopamien en al meer is nodig vir dieselfde effek. Dan word daar gewoonlik oorgeskakel na levodopa en na ander medikasie.
    PD medikasie
  • Diepbreinstimulasie (DBS) is ‘n goeie opsie vir sommige lyers.
    Diepbreinstimulasie (DBS)

    Diepbreinstimulasie (DBS)

  • Té hoë dosisse dopamien het newe-effekte soos bv dobbelprobleme en seksverslawing – moontlik in die pasiënt se najaag na die goedvoel-effek van dopamien. Die verslawings kan dadelik omgekeer word bloot deur die dopamien-doserings te verlaag.
  • Niks kan tans gedoen word om die agteruitgang in breinselle te verstadig of te stuit nie. Stamselterapie is nie suksesvol nie, maar danksy die Michael J Fox Stigting word baie navorsing gedoen om effektiewe behandeling vir die siekte te vind en word daar kleiner deurbrake gemaak wat uiteindelik kan help om die siekte te oorwin.

Lees meer oor Parkinson se siekte