Hart-missie na Senegal: 18 jong pasiënte met WPW-sindroom gehelp
Gesondheid: Woensdag 11 April
‘n Kaapstadse hartspesialis het pas van ‘n humanitêre missie na Dakar, Senegal, teruggekeer, waar hy 18 jong pasiënte met lewensgevaarlike aangebore hartritme-stoornisse behandel het en ‘n nuwe kans op lewe gegee het. Die dokter, Dr Razeen Gopal van die Kaapstad AF Sentrum wat in Mediclinic Panorama geleë is, is vergesel van ‘n kliniese tegnoloog, Ryan Leon van dieselfde sentrum.
Hulle kon eers nadat hulle ‘n dag lank die verouderde toerusting in ‘n baie basies-toegeruste teater herstel het, met die prosedures begin. Hy vertel van die omstandighede waaronder hy in dié Wes-Afrikaland gewerk het, en oor die hartritme-defek, bekend as Wolf-Parkinson-White Sindroom, waaraan die jongmense gely het.
By die hospitaal in Dakar, Senegal
“Die missie was ‘n ‘eye-opener’. Suid-Afrikaners het baie om voor dankbaar te wees.” – Ryan Leon, kliniese tegnoloog in elektrofisiologie, wat Dr Razeen Gopal na Dakar vergesel het.
Hier is ‘n video wat deur die Franssprekende televisiekanaal in Dakar vervaardig is:
Klik hier vir meer foto’s en inligting.
Wat is Wolf-Parkinson-White Sindoom?
Hier is inligting met die vriendelike vergunning van Dr. Gopal en die Kaapstad AF Sentrum.
Klik hier om die boekie oor hartritme-defekte waaruit bogenoemde inligting kom, af te laai.
Meer inligting oor Atriale fibrillasie
Hier is meer inligting oor ‘n program oor atriale fibrillasie (ook bekend as AF of A-fib), die algemeenste hartritme-defek onder mense ouer as 60 jaar, met sketse, video en klankgreep.