Dorpe: Ontmoet Sanele en Cloud


My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om weer – of vir die eerste keer – model-dorpe te word.

In hierdie program stel Mari Hudson julle voor aan  twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. En ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing.

Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG, en kom sit saam met ons die bal aan die rol in jou eie dorp.

 

Sanele Makatesi, gemeenskapswerker by die Langbos Creche en Sorgsentrum op Langbos tussen Paterson en Addo. Hy wil graag ‘n Jeug Ontwikkelingsentrum in die gebied vestig. Hy was eens ‘n aktivis in die Fees Must Fall veldtog, en is vandag ‘n verantwoordelike gemeenskapsleier.

Cloud Jovuka in sy restaurant, die Kilimandjaro African Cuisine Restaurant in Nomanthamsanqa op Addo.

Luister en kyk na die vorige episodes:
(onderstaande artikels het verdere skakels na vorige episodes en potgooie)

Dorpe: Sitrusboere help só

Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang