Endometriose – kom by die regte dokter uit!


Het jy geweet dat die helfte van vroue wat sukkel om swanger te raak, endometriose het en maandeliks baie pyn verduur? Of dat die benadering dat ’n vrou met endometriose vier of vyf of selfs meer operasies op gereelde grondslag moet ondergaan om die endometriose te verwyder, nie aanvaarbaar is nie.

Marí Hudson gesels met Dr Gerhard Hanekom en prof Igno Siebert van die Aevitas Fertiliteitskliniek in Pinelands, Kaapstad.

Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert of dr. Gerhard Hanekom by 021 531-6999.

Belangrike feite oor endometriose

  • Endometriose beteken dat weefsel wat die voeringlagie (die endometrium) van die baarmoeder uitmaak, buite die baarmoeder beland.
  • Dit gebeur moontlik tydens erge menstruasie, waar bloed terugstoot en deur die Fallopiese buise ontsnap. Daar is ook ander teorieë oor die oorsaak van endometriose.
  • Dit kan enige vrou van enige ouderdom tref, maar kom moontlik meer voor omdat vroue eers babas kry as hulle ouer is.
  • Die endometrium-weefsel kan letterlik op enige weefsel of orgaan in jou buik vaskleef: teen die blaas, blaas- en nierpypies, die dun- of dikderm en ook die eierstokke en Fallopiese buise self.
  • Dit kan erge pyn met maandelikse menstruasie en onvrugbaarheid veroorsaak. Indien dit gebeur, moet ‘n vrou haar dokter/ginekoloog besoek.
  • Die endometrium-weefsel kan die ander weefsel binnedring en infiltreer, vergroeiings veroorsaak. Dit veroorsaak inflammasie, wat pynlik is. Dit dring ook later die senuwee binne, wat dan baie erge pyn kan veroorsaak.
  • Daar is verskeie tipes endometriose:
    Periotoneale endometriose veroorsaak inflammasie wat infertiliteit verminder.
    Dit veroorsaak ook fibrose wat kan veroorsaak dat die vingers van die Fallopiese buise nie die eierselletjies kan ‘optel’ nie.
    Ovariële endometriose ontstaan in die eierstok en is baie negatief vir die eierselletjies se gesondheid. Dit verg baie spesiale aandag.
  • Dit kan swart spikkeltjies wees, of wit fibrotiese knoppies

    Vergroeiings en fibrotiese weefsel lyk wit.

    of nodules, of sakkies, of geringe veranderings aan bloedvate. Dit verg groot kundigheid om dit raak te sien en te behandel.

  • Dit kan met medikasie behandel word met hormone. Maar die hormone sal dan ook swangerskap verhoed.
  • As ‘n vrou wil swanger wil raak, moet dit deur endoskopiese (sleutelgat) chirurgie verwyder word. En wel deur ‘n goeie en erkende fertiliteit en endoskopiese spesialis.
  • Dit is onaanvaarbaar dat ‘n vrou vier of vyf operasies moet ondergaan om die endometriotiese weefsel te verwyder. Dit moet eerder met ‘n span kundiges in een of twee operasies verwyder word.
  • Sowat die helfte van vroue met endometriose wat deur ‘n kundige ginekoloog endoskopiese chirurgie ondergaan, en geen ander vrugbaarheidsprobleme het nie, word ná die operasie spontaan swanger.

    NB:
    As jy bekkenpyn en infertiliteitsprobleme het, gaan sien jou dokter/ginekoloog.

    As jy endometriose het en wil swanger raak en jy het reeds een operasie agter die rug, konsulteer ‘n fertiliteitspesialis met endoskopiese vaardighede.

Lees, kyk en luister ook:

Endometriose: As dit in die eierstokke is, is dit perd van ander kleur