Endometriose: As dit in die eierstokke is, is dit perd van ander kleur


Gesondheid: Woensdag 16 Augustus 2017

Waarom is endometriose in die eierstokke so ‘n tameletjie? Hoe weet ons ginekoloë is kundig en vaardig in endoskopiese tegnieke? Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge, Prof Igno Siebert van die Aevitas kliniek in Pinelands, Kaapstad, vir antwoorde op hierdie vrae.

Gesondheid: Woensdag 9 Augustus 2017

Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer. Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy ‘n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vierde operasies nie!

Marí Hudson gesels met prof Igno Siebert, een van die land se voorste endoskopiese endometriose-chirurge oor die jongste tendense. Hy is verbonde aan die Aevitas kliniek in Kaapstad.

Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert by 021 531-6999.

Luister ook na:
Gesondheid: Woensdag 3 September 2014

Het jy geweet chirurgie om endometriose-weefsel te verwyder is van die moeilikste wat daar is? Besef jy dat as jy meer as drie operasies vir endometriose ondergaan het, jy verkeerd behandel word? En dat jy beslis net deur ‘n ginekoloog wat spesiale endoskopiese opleiding het, behandel moet word?