Groot verskeidenheid dokkies in ons 2e seisoen


 Ons tweede dokumentêre seisoen van 2022 begin op 7 Julie, met ‘n groot verskeidenheid dokumentêre wat op jou wag.

Hier is ‘n vroeë kykie na wat ons beplan. Twee van die dokumentêre word spoedig gefinaliseer.

Datum van Uitsending

Vervaardiger

Onderwerp

7 Julie Ettienne Ludick

Suid-Afrika: ‘n Oudiotêre blik op ons geskiedenis

In 2010/11 het ek begin bou aan ‘n klankleêr wat uitsluitlik uit klankgrepe uit die nuus, media en ander bronne bestaan, met die doel om n klankbeeld van Suid Afrika sedert 1949 saam te stel. Dis ‘n uitbeelding van waar die Nasionale Party in 1949 aan bewind gekom het, tot waar ons met die onluste in KZN en Gauteng te doen gehad het.

14 Julie Jody Hendricks
Diensplig

Die dokkie gaan oor twee persone se ervarings met hul verpligte Diensplig destyds en die impak wat dit op hul lewens gehad het. Dié dokkie fokus op post traumatiese stres, familiebande, genesing en hoe verskillende mense dit ervaar het.

21 Julie Lizelle de Bruin

Pelgrimstog van Hoop

Die Pelgrimstog van Hoop is ’n geleentheid vir Suid-Afrikaners en ook buitelanders om in die woorde van Huston Smith “attentive travel” te ervaar en al stappende weer hoop te vind vir hulleself, ons land en ons vasteland en om Suid-Afrika se natuurskoon en erfenis opnuut te waardeer. Hierdie pelgrimsroete is ook ’n geleentheid vir diverse mense en gemeenskappe om nader aan mekaar te beweeg en ná te dink oor vryheid, ons gedeelde geskiedenis en hoe ons vorentoe die pad saam gaan stap.

28 Julie Johan van Lill
Distrik 6
4 Aug Jacques Arendt
Klippaat – Spoorwegdorp tot spookdorp

Klipplaat was jare gelede n baie suksesvolle spoorweg- plaasdorpie wat floreer het en ekonomies suksesvol was agv die spoorweë, spoorwegwerkers en die boere in die omgewing. Die dorp is deesdae ‘n spookdorp met baie armoede agv van die Spoorweë se onttrekking uit dié Karoo-dorpie in die middel-tagtigs.

11 Aug    
18 Aug Martelize Brink Provinsie in Krisis
25 Aug    
1 Sept Lizelle de Bruin

Kilometers van Geskiedenis

Die NG Kerk Argief is geleë op die walle van die Eersterivier in Stellenbosch. Met die eerste Sinodesitting van 1824 is daar reeds besluit om ‘n argivaris aan te stel om na die dokumente van die ou Kaapse Kerk om te sien. Die gebou beslaan drie vloere en twee kluise. In die kluise is daar 5 km ra spasie met verskeie versamelings.

8 Sept Johan Rademan

Gamtoos-kiepersol (Cussonia gamtooesensis)

SA se jongste en grootste botaniese tuin
15 Sept Ina Strydom

Louis van Niekerk

Profieldokumentêr: Louis van Niekerk

Louis van Niekerk is 88 jaar oud, maar steeds aktief as akteur.  Hy het in 1947 as akteur begin werk.  Hy is ook regisseur.  Moontlik die oudste Afrikaanse akteur wat steeds aktief is

22 Sept Johan van Lill Hoorbeeld tot potgooi

‘n Program oor die ontwikkeling van storievertel op radio: van hoorbeelde tot dokkies.

29 Set Haidee Muller-Isaacs 85 jaar van musiek