Só is Covid se 2e golf anders


Hoe verskil die tweede Covid-golf van die eerste en wanneer kan ons die pieke in die verskillende streke verwag?

Hoe lyk die algemeenste gesig van Covid nou? Is die virus nou gevaarliker as voorheen.

Marí Hudson gesels met Dr Piet Streicher, ’n data-analis van PANDA en Focused Protection oor die syfers, en met Dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes van die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal, oor die jongste feite wat dokters in hospitale teëkom.

Gesondheid

Volledige Lys

HIER IS ENKELE FEITE

  • Die piek van die tweede golf sowat 200 tot 240 dae na die piek van die eerste golf, blyk uit bestudering van internasionale en plaaslike data.
  • Die derde golf kan dus enige tyd tussen 8 Junie en 20 Julie 2021 streek vir streek weer begin opvlam. Vaksinering kan help om die derde golf te keer of minstens baie kleiner te maak. Die vierde golf kan vanaf Februarie 2022 weer in SA streek vir streek opvlam, as meer as 80% van die bevolking nie teen Januarie 2022 bestand is teen die virus nie (deur effektiewe vaksinering of selfverworwe immuniteit).
  • Die kurwe van die tweede golf volg dieselfde tendens as die eerste golf naamlik aanvanklik stadige toename (wat versteek word in die agtergrond-gevalle), gevolg deur eksponensiële toename, gevolg deur die piek (plato) en dan ‘n stadige afplatting.
  • Dubbel soveel mense word siek met die tweede golf as met eerste golf.
  • Die sterftekoers is dieselfde as die eerste golf (3%), maar omdat dubbel soveel mense siek word, is die hospitaalopnames dubbel en die sterftes dubbel.
  • Mense wat ventilering benodig, het ‘n groter risiko om te sterf. Dit geld vir alle virussiektes.
  • In Oos-Kaap het die 2e piek mid-Oktober begin en einde November gepiek. Dokters bevestig dat die sale in hospitale in PE en Uitenhage leër is, en dat die sterftes afgeneem het. In Oos-Londen word die piek hierdie week verwag.
  • In Wes-Kaap word die piek mid-Januarie verwag , in KZN die begin van Februarie en in Gauteng die middel van Februarie.
  • Dokters in private en staatshospitale in Wes-Kaap sukkel om voor te bly. Daar is nie genoeg ventilators, beddens, suurstofsilinders nie en  veral nie voldoende dokters en verpleegkundiges nie.
  • In Oos-Kaap en KZN is verskeie doktersposte opnuut gevries weens ‘n tekort aan geld.
  • Die persentasie onderwysers wat siek word, stem ooreen met die insidensie in die algemene gemeenskap.
  • Die persentasie gesondheidswerkers wat siek word, stem ook ooreen met die insidensie in die algemene gemeenskap en die meeste gesondheidswerkers steek Covid aan buite die hospitaal en nie in die hospitaal nie.
  • Mense is reeds 2 dae voordat hulle simptome toon, aansteeklik, en kan aansteeklik wees totdat al die simptome verdwyn het.
  • Die anti-parasitiese middel Imvermectin kan moontlik as behandeling teen die virus help. Die owerhede in SA is egter versigtig en wag vir meer bewyse dat die middel doeltreffend is as deel van die behandeling van Covid.
  • Bly weg van groot groepe mense, veral in beperkte ruimtes, vas jou hande, dra ‘n masker oor jou gesig en neus, was die lapmasker elke aand in baie warm water en seep en moenie aan die buitekant van die masker karring en vat nie.

Die syfers lyk tans as volg:

Die sterftekoers in SA is tans 454 per Miljoen mense, teenoor die VSA se meer as 1000 per miljoen mense.

En op 30 Des, ses dae later

 

Só het die eerste golf gelyk:
https://fb.watch/2GJzdpH9Ue/

Lees en luister ook:

“Geen rede hoekom SA nie vóór winter 2021 Covid-vaksien beskikbaar kan hê nie”

Covid-19 ontbloot gebreke in gesondheidsdienste só

Covid-en ander virusvaksiene

Ons klaar die verwarring oor Covid-toetse op