Wêreldbeker Krieket: Terminologie-gids en Uitsendings


Die Krieket Wêreldbeker is aan die gang – ongelukkig steeds sonder enige wen-wedstryde deur die Proteas, maar kom ons hoop teen alle hoop in op ‘n wonderwerk vir ons manne. Engeland en Wallis is die gashere vir hierdie sportgebeurtenis.

As jy nie ‘n krieketkenner is nie, en al gewonder het wat al die benamings, terme en tekens beteken, hoef jy nie verder in die duister te wees nie. Pieter van den Berg, sportkommentator vir RSG, het vinnig gehelp om alles netjies te vereenvoudig. Hier is jou gids:

Verskillende balle wat afgestuur/geboul kan word:

  1. ʼn Naatbal is wanneer ʼn bouler die naat van die bal gebruik om wanneer dit die kolfblad tref rigting te verander.
  2. ʼn Swaaibal verander rigting terwyl dit deur die lug beweeg as gevolg van een gladder kant van die bal (dis daarom dat spelers die bal teen hul klere vryf om ʼn kant te bewerkstellig wat gladder is vir minder lugweerstand).
  3. ‘n Bybreekbouler laat die bal deur die lug draai en wanneer dit die kolfblad tref beweeg dit na die wegkant van die kolwer toe.
  4. Die wegbreekbouler se balle draai na die bykant van ʼn kolwer toe.

Ander terminologie:

Die bypen van ʼn kolwer is aan die kant van die kolwer se bene en die wegpen aan sy kolf of kop se kant.

Kolfbladuitleg

Wat beteken die skeidsregter se tekens?

Veldwerkposisies

 

Tipe kriekethoue vir ‘n regshandige kolwer.

En só gaan RSG die wedstryde uitsaai:

Willem Pelser en Ettienne Ludick sal die toernooi vir RSG dek met kommentaar tydens onderstaande dae.

Sondag, 23 Junie

SA teen Pakistan – Willem

11:55 Net na Hoe verklaar jy dit

12:55 Net na Nic se goed

13:30 Tydens Sondagmidddag met Fritz

13:55 Tydens Sondagmiddag met Fritz

14:55 Tydens Middag met Fritz

15:55 Net na Dis Gospel

17:00 Net voor Rand en Sent begin

17:30 Net voor Leefwêreld begin

18:55 Net na Aanddiens

19:30 Net na Uit n ander hoek en voor Sterre begin

Vrydag, 28 Junie

SA teen Sri Lanka – Willem

11:20 Tydens Oggend op RSG – voorskou

11:55 Net voor Oggend op RSG klaarmaak

12:30 Tydens Middag op RSG

14:05 Net na Nuus

15:05 Net na Nuus

15:45 Tydens RSG Sport verslag in Tjailatyd

16:45 Tydens RSG Sport verslag in Tjailatyd

17:45 Tydens RSG Sport program

18:10 Net na Nuus en Weer en voordat Geldsake begin

19:30 Net voor Kopkrap begin

Saterdag, 6 Julie

SA teen Australië – Ettienne (wedstryd begin om 14:30)

14:55 Net na Vastrap

15:45 Tydens rustryd van die eerste rugbywedstryd (tbc)

16:55 Na afloop van die eerste rugbywedstryd (tbc)

17:55 Tydens rustyd van die tweede rugbywedstryd (tbc)

18:55 Na afloop van die tweede rugbywedstryd (tbc)

19:30 Tydens Saterdagaand musiekprogram

19:55 Net voor U eie keuse begin

20:55 Net na U eie keuse

21:55 Tydens Saterdagaand musiekprogram

22:30 Tydens Saterdagaand musiekprogram


Dinsdag, 9 Julie

Semi-finaal –TBC – Willem

 

Donderdag, 11 Julie

Semi-finaal – TBC – Ettienne


Saterdag, 14 Julie

Finaal – TBC – Willem