RSG/Sanlam se dramawenners kry sertifikate


Die wenners van die RSG Sanlam Radiodrama-kompetisie vir 2014 het onlangs hul wennersertifikate ontvang. Zesta Vorster – wat die derde plek behaal het met Ver in die ou Kalahari – en Gerda Kriel – die skrywer jonger as 30 jaar wat met Swanesang geseëvier het – spog hier met hul sertifikate.

Kriel en Pentzhorn

Zesta Vorster (links) en Gerda Kriel met hul sertfikate vir hul wen-dramas. Vorster se drama het die derde plek behaal en Kriel se drama is bekroon as die beste vir skrywers jonger as 30 jaar.

Ingrid Penzhorn, ‘n dokter van Seepunt wat die wendrama Ontnugter geskryf het, was in die buiteland. En Martie Swanepoel, wat die tweede plek behaal het met Sonate, se sertifikaat sal op ‘n later geleentheid aan haar oorhandig word. Lees hier meer oor die wenners en hul wen-dramas.

Kriel se Swanesang kan op Donderdag 16 April om 20:00 in Radioteater gehoor word. En Ver in die ou Kalahari, volg ‘n week later – op Donderdag 23 April om 20:00. Al die wendramas vorm deel van RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2015 wat op Donderdag 2 April begin.

Beide Kriel en Vorster het ook verlede jaar RSG en Sanlam se gratis radiodrama-skryfskool bygewoon. Hulle was vol lof vir die belegging wat Sanlam en RSG in hul loopbane as radiodrama-skrywers gemaak het.

Vir meer inligting oor die 2015-kompetisie, besoek www.rsg.co.za