Die opkoms van Homo sapiens plasticus


Kosmetika het binne 2 tot 3 dekades reggekry wat natuurlike seleksie jare en eeue neem: om ‘n nuwe subspesie van die mens, Homp sapiens, te skep. Die nuwe subspesie staan bekend as Homo sapiens plasticus.

Die nuwe subspesie is mensgemaak en spruit uit die mens se oordrewe behoefte om jonger te lyk. Die voortdurende behoefte om die gesig met vullers en botox te laat inspuit en hulle gesigsvelle te ‘lig’, grens soms aan wat sielkundiges beskryf as verslawing, terwyl dié subspesie blykbaar die vermoë verloor om rasioneel na huslef te kyk en die selfgeskepte wanbeeld raak te sien. Die moontlikheid word ondersoek of dié subspesie inderwaarheid hul sig verloor of bloot net hul vermoë om wat hulle in die spieël sien, korrek te vertolk.

Die subspesie kan uitgeken word aan groot vol lippe wat soos blaasoppie-visse lyk, seepgladde voorkoppe al is hulle 88, prominente wangpunte, en min animasie in die gesig.

Die habitat van Homo sapiens plasticus is hoofsaaklik in die heuwels en luukse wonings van Hollywood en Beverley Hills, en ander omgewings waar sterre of sogenaamde sterre hulle vestig.

Onder volg enkele voorbeelde van die subspesie.

Barry Manilow: Die stywe voorkop en gebrek aan plooie is duidelik sigbaar.

Priscilla Presley: Haar gladde, plooilose voorkop en styfspannende vel oor haar wange, en haar vol lippe is tipiese klenmerke.

Khloe Khardashian se vol lippe soos blaasoppies, is duidelik sigbaar. Voorts is haar hele gesig seepglad en moeilik animeerbaar.

Lisa Rinna se blaasoppie-lippe is kenmerkend van plasticus.

Madonna…wat kan mens verder byvoeg?

Ai, Dolly!

Lisa Vanderpump het ook haar lippe opgepomp.

Cher wys nie ‘n teken van haar jare nie.

Melanie Griffith in haar soeke na ewige jeug.

Cliff Richard

Sylvester Stallone in sy soektog na ewige jeug.

Die artikel is tong in die kies en nie vuller in die lippe geskryf nie.