Die verlies van ‘n kind


Lienka Louw (10) van Kuilsrivier wat ‘n jaar nadat sy breinstamkanker opgedoen het, ‘n week gelede op 16 Januarie oorlede is. Sterkte aan haar ouers Jean en Relene Louw en sussie Anke.

Hoe hanteer ‘n ouer die verlies van ‘n kind? Word die pyn en verlange ooit minder?

Braam Klopper is ‘n predikant en pastorale terapeut wat spesialiseer in rou. Christelle Webb-Joubert praat met hom oor die verlies van ‘n kind.

Lees meer oor Lienka op Netwerk24:

Op Netwerk24 is die artikel oor Lienka, wat eens ‘n vrolike dogtertjie was.

Luister ook na dié Praat Saam oor die verlies van ‘n kind

Vrydag 24 Januarie 2020

Vandag bespreek ons die verlies van ‘n kind, en die impak wat dit op ouers, die gesin en die gemeenskap het.
Ouers van die twee leerlinge wat verlede week in afsonderlike voorvalle in Gauteng verdrink het, kan regstappe teen die twee skole doen. Enock Mpianzi van Parktown Boys High het verdrink nadat ‘n vlot, wat hy en medeleerders gebou het, omgeslaan het. Keamohetswe Seboko se liggaam is Woensdag in ‘n swembad by die koshuis van die Laerskool Bekker in Magaliesburg gevind. Ons het Woensdag oor die regsaspekte en verantwoordelike persone vir kinders se veiligheid gesels.