As my kind sy graad moet herhaal…


Hoe gemaak as my kind ‘n graad moet herhaal?

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor hoe ouers en versorgers moet dink oor herhaling. In die ou dae het ons gepraat van kinders wat druip of dop. Hulle kyk ook na die rol wat lees speel in kinders se vordering, en die belangrikheid daarvan dat kinders in hulle moedertaal moet leer lees.