Ons nuwe dokumentêre reeks vertel stories eie aan ons land


Luisteraars kan vanaf  Donderdag 6 Julie naderskuif vir ’n reeks interessante, insiggewende en opbouende dokumentêre programme.

’n Wye verskeidenheid onderwerpe sal onder die soeklig kom deur ervare vervaardigers wat elke program in die fynste besonderhede saamstel.

Relevante kwessies soos beurtkrag, kinders met gedragsprobleme, dwelmhandel op die platteland en bendegeweld op die Kaapse vlakte is van die onderwerpe wat bespreek word. Die dokumentêre reeks word ook vervleg met onderwerpe wat eie aan Suid-Afrika is. Hierdie stories is diep gesetel in die kultuur van Suid-Afrikaners en dit word op ’n menslike en emosionele wyse aangebied.

Esias Bosch

Een so ’n storie is die lewensverhaal van Esias Bosch, die eerste keramiekklei kunstenaar van Suid-Afrika wat vanjaar ‘n 100 jaar sou wees.

Nog ’n storie wat die hartsnare kan roer is die ontwikkeling van die Royal skou in Pietermaritzburg oor die afgelope 173 wat veral die landbougemeenskap se belange bevorder het.  Vanjaar is die laaste skou van hierdie aard aangebied en dit kondig die einde van die roemryke era aan.

Emma Renzi in haar huis

Emma Renzi, ons land se opera-diva, is vanjaar 97 jaar oud en sy vertel haar storie in ’n dokumentêre program aan RSG-luisteraars.

Hierdie reeks sluit ook ’n dokumentêr in oor die langasem van langspeelplate, die mens se verhouding met troeteldiere en ons delf in die mense se psige om te bepaal wat ons fassinasie met randfigure is.

RSG se dokumentêre programme word op Donderdagaande om 20:00 van 2 Julie tot 28 September uitgesaai.

Hier is die voorlopige skedule van dokumentêre en uitsaaidatums:

Uitsaaidatum Dokkie Programmaker
6 Julie SoapVox – die storie van Henry Mylne

Henry Mylne

Sue Pyler-Slabbert
13 Julie Randfigure: Verblind deur bekendheid

Johan van Lill kyk na die mense se fassinasie met omstrede- en randfigure. Kenners bespreek ons neiging om mense te aanbid wat in die openbare oog staan, of dit nou politici, akteurs, musikante of enige ander bekende is.

Johan van Lill
20 Julie Royal Skou – die einde van ‘n era Derrich Gardner + Elsje van Jaarsveld
27 Julie Beurtkrag Este de Klerk
3 Aug Esias Bosch – 100 jaar se vuurkuns van Afrika

Johan Rademan
10 Aug Lucy is weg

Este de Klerk
17 Aug Langspeelplate
Haidee Muller-Isaacs
24 Aug Die mosaïek van eenders en ander wees Lizelle de Bruin
31 Aug Tik op die Platteland

Martelize Brink
7 Sept Emma Renzi – ‘n profieldokumentêr

Emma Renzi as Aïda

Ina Strydom
14 Sept Bendegeweld 1 Mediafocus
21 Sept Bendegeweld 2 Mediafocus
28 Sept Bendegeweld 3 Mediafocus